Woord vir Vandag - 23 Nov 2025

Loading player...
“Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…” 2 Kronieke 16:9 NLV

God wil deur jou werk (3)

God is nie huiwerig of onverskillig om sy krag te wys nie. Nee, Hy soek ‘oor die hele aarde’ na mense wat toegewyd aan Hom is, sodat Hy sy krag deur hulle lewens kan openbaar! Hier is drie dinge wat jy oor God moet weet: 1) Hy is altyd op bonatuurlike maniere in ons wêreld aan die werk en Hy het baie wat Hy wil bereik. 2) Hy is aktief op die uitkyk vir toegewyde vennote – mense wat omgee waaroor Hy omgee. 3) Hy spoor mense voortdurend aan om te reageer, maar die meeste mense loop dit mis of sê nee. Vraag: Hoe sal jou lewe lyk as jy begin ja sê? ‘n Dominee skryf: ‘’n Lewe wat deur die wonderbaarlike gekenmerk word, is nie net moontlik of begeerlik nie, maar die middelpunt van God se wil vir elkeen van ons. Wanneer ons met minder tevrede is, verloor ons lewens vreugde, vervulling en doelgerigtheid. Die persoonlike behoeftes van mense wat ons ontmoet, word oor die hoof gesien. Behoeftes in ons gemeenskappe en regoor die wêreld bly onvervuld. Wanneer ‘n hele generasie met minder tevrede is, word die karakter en beweegrede van God in twyfel getrek. Dit lyk asof sy blink teenwoordigheid in die wêreld vervaag.’ Jy kan egter iets daaraan doen. Jy is gebore om God se ambassadeur te wees; om Hom elke dag sigbaar te maak (sien 2 Korintiërs 5:20). God wil graag sy krag in jou, vir jou en deur jou bewys, want elke persoon wat jy teëkom het ‘n behoefte wat slegs God kan vervul.
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min