Woord vir Vandag - 22 Nov 2025

Loading player...
“…Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Johannes 20:21 NLV

God wil deur jou werk (2)

Jesus het gesê: ‘…Ek verseker julle, die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so. Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy self doen…’ (Johannes 5:19-20 NLV). Die eise wat aan Jesus gestel is, was eindeloos. Siekes wou sy hulp hê. Die Fariseërs wou Hom by teologiese argumente betrek. Sy dissipels wou hê dat Hy na sekere plekke en nie na ander plekke toe gaan nie. Elke tree wat Jesus egter geneem het, elke daad wat Hy gedoen het en elke vraag wat Hy beantwoord het, was egter in reaksie op die leiding van sy hemelse Vader. Dis hoekom Hy nie uitgebrand geraak het nie. Dis waarom Hy op die vooraand van sy kruisiging kon sê: ‘Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U My gegee het om te doen’ (Johannes 17:4 NLV). Nou verstaan jy hoekom Jesus dikwels deurnag gebid en vroeg opgestaan het om te bid terwyl sy dissipels nog geslaap het. Hy het net een doelwit gehad: om te doen wat God wou hê Hy daardie dag moet doen. Is dit maklik om te doen? Nee. Mense sal druk op jou uitoefen en onvervulde behoeftes sal jou skuldig laat voel, tensy jy absolute duidelikheid het oor dit wat God wil hê jy moet doen. Hierdie wete verg intimiteit, afhanklikheid, sensitiwiteit en gehoorsaamheid aan God. Om so te lewe, bring egter ‘n vlak van vreugde en vervulling mee wat nêrens anders gevind kan word nie. Dit is die lewe wat jy geroep is om te leef, want Jesus het gesê: ‘…Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook’ (Johannes 20:21 NLV).
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min