Woord vir Vandag - 21 Nov 2025

Loading player...
“Die Here het gesê: ‘Wie sal vir Agab oortuig om teen Ramot-Gilead oorlog te maak…?’” 1 Konings 22:20 NLV

God wil deur jou werk (1)

Hier is ‘n wonderbaarlike verhaal oor die manier waarop God te werk gaan. ‘…Ek het die Here gesien waar Hy op sy troon sit met die hemelse leërmag weerskante van Hom. Die Here het gesê: ‘Wie sal vir Agab oortuig om teen Ramot-Gilead oorlog te maak sodat hy daar kan omkom?’ Daar was verskillende voorstelle. Uiteindelik het die gees voor die Here gaan staan en gesê: ‘Ek sal dit doen!’ ‘Hoe sal jy dit doen?’ vra die Here vir hom. Die gees het geantwoord: ‘Ek sal gaan en al Agab se profete oortuig om leuens te vertel.’ ‘Jy sal slaag,’ sê die Here. ‘Gaan voort en doen dit’’ (verse 19-22 NLV). Sien jy wat in die hemel gebeur? God wil Israel van hul bose koning red, maar Hy is oop vir idees. Wanneer die gees (of engel) voorstel om die koning deur sy raadgewers te mislei, keur God dit nie net goed nie, maar beloof ook dat Hy sukses sal behaal. Op aarde waarsku die profeet Miga vir Agab dat sy raadgewers om die bos gelei is. Die koning kies egter om in elk geval na hulle te luister. Hy marsjeer met vrymoedigheid noord om te gaan oorlog maak, maar sterf in die geveg. Hierdie verhaal wys vir jou ‘n duidelike verband tussen gebeure in die hemel en gelyktydige gebeure op aarde. Ja, God kan soewerein sonder ons hulp optree. Hy kies egter ook om deur mense soos ons te werk. Hy het ‘n doenlys wat ‘sy wil’ genoem word. Hy soek mense wat voorbereid, in staat, gereed en gewillig is om dit te doen. Wat moet jou reaksie wees? Om te bid: ‘Here, wat U ook al vandag gedoen wil hê, gebruik my om dit te doen!’
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min