Woord vir Vandag - 19 Nov 2025

Loading player...
“’n Vrolike mens is soos goeie medisyne…” Spreuke 17:22 NLV

Lag meer gereeld

Salomo het geskryf: ‘Ek het daarom besluit dat wat die mens eintlik nodig het, vreugde is. Niks is beter as om te eet en te drink en die lewe te geniet nie. Dít kan die mens help om die sinloosheid te verwerk van hierdie lewe wat God ons gegee het’ (Prediker 8:15 DB). As jy wys is, sal jy hierdie woorde ter harte neem. Die impak van lag is goed gedokumenteer. Studies wys dat dit bloeddruk verlaag en hipertensie verminder. Dit verlaag streshormone en maak die longe en liggaamsweefsels van gestoorde, verouderde lug skoon. Dit verhoog immuunfunksies in die liggaam. Bo en behalwe al hierdie voordele, stel lag endorfiene vry - daardie ‘goedvoel’-chemikalieë in die brein wat jou gelukkig laat voel. Dis hoekom die Bybel sê: ‘’n Vrolike mens is soos goeie medisyne…’ Maak dus gebruik van elke geleentheid om lekker te lag. Lag vir jou foute - veral by die werk. Laat vaar die supervrou- of superman-beeld en begin pret hê. Dit beteken nie dat jy jou standaarde van uitnemendheid verslap nie; dit dui net aan dat jy bewus is van die feit dat jy en diegene rondom jou menslik is. Geniet dit dus; wees gereed vir ‘n grappie of twee. Moenie toelaat dat die lewe se druk en negatiewe omstandighede jou sin vir humor uitwis nie. ‘n Gelag weerspieël positiewe emosies en maak dit vir ander mense aangenaam om rondom jou te wees. Niemand geniet ‘n suurknol nie; lag kan ook jou gedagtes van dit wat vir jou stres veroorsaak, aftrek. Lag dus gereeld en onthou: ‘…die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees!’ (Nehemia 8:10 NLV).
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min