Woord vir Vandag - 18 Nov 2025

Loading player...
“Verder, laat die vrede wat Christus bewerk het, in julle lewe skeidsregter wees…” Kolossense 3:15 NLV

Skep ‘n vredevolle atmosfeer

Hoeveel vrede stel jy ten toon? Hoe reageer jy op struikelblokke by jou werkplek? Is jy altyd gespanne en besig om te kla? Is jou lessenaar netjies en georganiseerd, of staan daar stapels papiere orals rond? Wanorde kan geestelik ontstellend wees, stres veroorsaak en jou vrede steel. Wat van jou algehele gedrag? Vererg jy jou altyd oor kollegas se foute? Ontstel die klein dingetjies jou? Besef jy dat dit ‘n baie slegte getuienis is om nie vrede, wat ‘n vrug van die Gees is, uit te straal nie? ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing…’ (Galasiërs 5:22-23 NLV). Wat van jou daaglikse pendel werk toe? Sit jy in die kar met die doel om ‘n vredevolle atmosfeer te behou, ongeag die omstandighede wat jy op die pad mag teëkom? Wanneer laas het jy vir ‘n slegte of onvriendelike bestuurder gebid? Speel jy kalmerende musiek? Die regte musiek kan ‘n uitstekende bron van vrede wees. Toe koning Saul deur ‘n bose gees getreiter is, het sy amptenare vir hom gesê: ‘Laat ons iemand kry wat goed op die lier kan speel. Wanneer die bose gees u lastig val, sal die musiek u kalmeer sodat u gou weer beter sal voel’ (1 Samuel 16:16 NLV). Jesus het gesê: ‘Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle...’ (Johannes 14:27 NLV). Dit beteken dat waar jy ook al gaan, jy die vrede van God saam met jou kan neem.
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min