Woord vir Vandag - 17 Nov 2025
Loading player...
“’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming.” Spreuke 16:9 NLV
Berei vir die volgende fase voor
Wanneer jy na ‘n nuwe huis toe trek, reël jy ‘n datum vir die verhuisingsmaatskappy om te kom, jy skuif jou rekeninge na die nuwe adres toe en jy pak jou besittings in bokse gemerk slaapkamer, kombuis, badkamer, ensovoorts. Beplan soortgelyk vir die volgende fase van jou lewe. Hier is ‘n paar wenke om te volg sodat jy gereed kan wees vir watter deur God ook al oopmaak: 1) Stel ‘n plan vir finansiële onafhanklikheid op. Dit sluit versekering, pensioenfonds en boedelbeplanning in. Jou versekeringspolisse moet ook jou verband dek, vir ingeval jy ongesteld raak en nie meer kan werk nie. 2) Wees buigbaar. Nadat jy die eerste helfte van jou lewensreis gehardloop het, mag jy dalk besluit om van rigting te verander. Wat jy tans wil doen, mag dalk oor twintig jaar verander, of dit mag dalk anders wees as wat jy twintig jaar gelede wou doen. Die wonderlike aspek van die lewe is dat dit nie saak maak hoe oud jy is nie, jy kan altyd weer begin en geleenthede mag dalk in die toekoms ontstaan wat jy nie nou kan voorspel nie. 3) Bly op hoogte van tegnologie, wat ‘n groot deel van die moderne samelewing is. Diegene wat nie die nuutste tegnologie kan of wil gebruik nie, sal moeilik sukses behaal. Benewens tegnologie, is dit ook belangrik dat jy op hoogte van ontwikkelings in sakevaardighede; kommunikasie, onderhandeling en etiket bly. Dit alles is noodsaaklik om in ‘n veranderende wêreld sukses te behaal. Salomo het geskryf: ‘’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming.’ Die woord vir jou vandag is dus – berei vir die volgende fase voor.