Woord vir Vandag - 17 Nov 2025

Loading player...
“’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming.” Spreuke 16:9 NLV

Berei vir die volgende fase voor

Wanneer jy na ‘n nuwe huis toe trek, reël jy ‘n datum vir die verhuisingsmaatskappy om te kom, jy skuif jou rekeninge na die nuwe adres toe en jy pak jou besittings in bokse gemerk slaapkamer, kombuis, badkamer, ensovoorts. Beplan soortgelyk vir die volgende fase van jou lewe. Hier is ‘n paar wenke om te volg sodat jy gereed kan wees vir watter deur God ook al oopmaak: 1) Stel ‘n plan vir finansiële onafhanklikheid op. Dit sluit versekering, pensioenfonds en boedelbeplanning in. Jou versekeringspolisse moet ook jou verband dek, vir ingeval jy ongesteld raak en nie meer kan werk nie. 2) Wees buigbaar. Nadat jy die eerste helfte van jou lewensreis gehardloop het, mag jy dalk besluit om van rigting te verander. Wat jy tans wil doen, mag dalk oor twintig jaar verander, of dit mag dalk anders wees as wat jy twintig jaar gelede wou doen. Die wonderlike aspek van die lewe is dat dit nie saak maak hoe oud jy is nie, jy kan altyd weer begin en geleenthede mag dalk in die toekoms ontstaan wat jy nie nou kan voorspel nie. 3) Bly op hoogte van tegnologie, wat ‘n groot deel van die moderne samelewing is. Diegene wat nie die nuutste tegnologie kan of wil gebruik nie, sal moeilik sukses behaal. Benewens tegnologie, is dit ook belangrik dat jy op hoogte van ontwikkelings in sakevaardighede; kommunikasie, onderhandeling en etiket bly. Dit alles is noodsaaklik om in ‘n veranderende wêreld sukses te behaal. Salomo het geskryf: ‘’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming.’ Die woord vir jou vandag is dus – berei vir die volgende fase voor.
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min