Woord vir Vandag - 16 Nov 2025

Loading player...
“Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het… Ek gaan iets nuuts doen…” Jesaja 43:18-19 NLV

Kom weer op koers

Dis tyd om weer in aanraking met wie jy regtig is en jou Godgegewe gawes te kom. Dit mag beteken dat jy dalk sekere dinge wat jy nie van jouself en jou huidige situasie hou nie, moet konfronteer. Om die proses te begin is die moeilikste deel. Een benadering om dit te doen is om jouself op te hou sien soos ander mense jou sien en jouself te begin sien soos God jou sien. Jou siening van jouself is een van die eerste dinge wat verdwyn wanneer die lewe moeilik raak, wanneer jy in siekte of skuld of ongelukkigheid vasgevang is. Kom dus weer in aanraking met daardie siening! Wanneer jy ‘n diskonneksie tussen wie jy is en hoe jy tans leef sien, moet jy die blaam en selfbeskuldiging omdat jy die pad byster geraak het, laat vaar. Wanneer jy dit doen, sal jy begin agterkom dat dit wat binne jou is, nou ook buite jou is en in jou lewe begin wys. Neem een tree op ‘n slag. Wanneer jy jouself sien soos God jou sien, kan jy jouself sien opstaan en sê: ‘Ek is hier en gereed om my gawes te gebruik om die lewe waarvoor ek bestem is, te leef!’ Dit plaas jou in ooreenstemming met God wat sê: ‘Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het. Dis niks in vergelyking met wat Ek nog gaan doen nie. Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur! Sien julle dit nie? Ek gaan ‘n pad maak deur die wildernis vir my volk om huis toe te kom. Ek maak vir hulle riviere in die woestyn!’
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min