Woord vir Vandag - 15 Nov 2025
Loading player...
“…Selfs die swakkeling moet sê: ‘Ek is ‘n dapper soldaat!’” Joël 3:10 NLV
Spreek ‘lewe’ (2)
Die Bybel sê nie: ‘Laat die swakkelinge hul vriende bel en hulle swakhede bespreek’ nie. Of: ‘Laat die swakkelinge oor hul swakhede praat’ nie. Of: ‘Laat die swakkelinge oor hul swakhede kla’ nie. Nee, dit sê basies: ‘Laat die swakkelinge die teenoorgestelde sê as wat hulle voel.’ In plaas daarvan om dus oor die manier wat jy is te praat, moet jy oor die manier wat jy graag wil wees, praat. Praat oor dit wat God se Woord sê jy kan wees, hê en ervaar. As jy elke oggend moeg en uitgeput opstaan, moet jy in plaas daarvan om daaroor te kerm, verklaar: ‘Ek is sterk in die Here. Dit is die dag wat die Here gemaak het, ek sal daaroor juig en bly wees’ (sien Psalm 118:24). Wanneer jy dit doen, sal jy nie net hoe jy voel verander nie, jy sal ook jou houding verander. Jy sal nie die dag met ‘n moeë, oorwonne, slagoffermentaliteit begin nie. Jy sal ‘n oorwinnaarshouding hê, met ‘n wip in jou stap, ‘n glimlag op jou gesig en jou skouers vierkantig agtertoe. Wanneer God se Woord jou woorde word, sal dit jou gees ophef en jou help om jouself en jou situasies op ‘n heeltemal nuwe manier te sien. Jesus het gesê: ‘Dit verseker Ek julle, julle kan vir hierdie berg sê: ‘Mag God jou oplig en in die see gooi,’ en dit sal so gebeur. Al wat nodig is, is dat julle regtig sal glo en nie in julle harte twyfel nie’ (Markus 11:23 NLV). Sê dus elke dag in die spieël vir jouself: ‘Goeiemôre, jou geseënde, sterk, veilige, selfversekerde, hoogs begunstigde kind van God.’ Met ander woorde, spreek ‘lewe.’