Woord vir Vandag - 15 Nov 2025

Loading player...
“…Selfs die swakkeling moet sê: ‘Ek is ‘n dapper soldaat!’” Joël 3:10 NLV

Spreek ‘lewe’ (2)

Die Bybel sê nie: ‘Laat die swakkelinge hul vriende bel en hulle swakhede bespreek’ nie. Of: ‘Laat die swakkelinge oor hul swakhede praat’ nie. Of: ‘Laat die swakkelinge oor hul swakhede kla’ nie. Nee, dit sê basies: ‘Laat die swakkelinge die teenoorgestelde sê as wat hulle voel.’ In plaas daarvan om dus oor die manier wat jy is te praat, moet jy oor die manier wat jy graag wil wees, praat. Praat oor dit wat God se Woord sê jy kan wees, hê en ervaar. As jy elke oggend moeg en uitgeput opstaan, moet jy in plaas daarvan om daaroor te kerm, verklaar: ‘Ek is sterk in die Here. Dit is die dag wat die Here gemaak het, ek sal daaroor juig en bly wees’ (sien Psalm 118:24). Wanneer jy dit doen, sal jy nie net hoe jy voel verander nie, jy sal ook jou houding verander. Jy sal nie die dag met ‘n moeë, oorwonne, slagoffermentaliteit begin nie. Jy sal ‘n oorwinnaarshouding hê, met ‘n wip in jou stap, ‘n glimlag op jou gesig en jou skouers vierkantig agtertoe. Wanneer God se Woord jou woorde word, sal dit jou gees ophef en jou help om jouself en jou situasies op ‘n heeltemal nuwe manier te sien. Jesus het gesê: ‘Dit verseker Ek julle, julle kan vir hierdie berg sê: ‘Mag God jou oplig en in die see gooi,’ en dit sal so gebeur. Al wat nodig is, is dat julle regtig sal glo en nie in julle harte twyfel nie’ (Markus 11:23 NLV). Sê dus elke dag in die spieël vir jouself: ‘Goeiemôre, jou geseënde, sterk, veilige, selfversekerde, hoogs begunstigde kind van God.’ Met ander woorde, spreek ‘lewe.’
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min