Woord vir Vandag - 14 Nov 2025

Loading player...
“Die tong het mag oor dood en oor lewe…” Spreuke 18:21 NLV

Spreek ‘lewe’ (1)

Maak seker dat jou woorde met God se Woord ooreenstem en stuur dan jou woorde op die pad waarvolgens jy wil hê jou lewe moet beweeg. Wat sê jy oor jou toekoms? Jou familie? Jou finansies? Jou gesondheid? As jy tans deur ‘n moeilike tyd gaan, moenie net bloot jou woorde gebruik om jou situasie te beskryf nie, gebruik dit om jou situasie te verander. Wanneer dit wat jy sê in lyn is met dit wat God sê, gee jy lewe aan jou geloof. Begin dus om te sê: ‘Ek kan alles deur Christus doen. Ek is geseënd. Ek is sterk. Ek is gesond.’ Wanneer jy so praat, spreek jy seën oor jou lewe uit. Begin om jou woorde in die rigting waarin jy jou lewe wil laat beweeg, te spreek. Miskien is jy teleurgestel. Miskien het ‘n verhouding geëindig. Miskien het jy nie die bevordering gekry nie. In plaas daarvan om te kla en te sê: ‘Wel, wat het ek verwag? Ek wen nooit,’ moet jy eerder verklaar: ‘Ek besef dat wanneer een deur toegaan, God ‘n ander deur oopmaak. Wat veronderstel was om my kwaad aan te doen, sal God ten goede gebruik (sien Genesis 50:20). Ek sal beter hieruit kom as wat ek voorheen was (sien Romeine 8:28). Wat jy oor jouself sê, is belangriker as wat enigiemand anders oor jou sê. Die woorde wat uit jou mond uit gaan, gaan direk in jou ore in en skep uiteindelik dieselfde beeld aan die binnekant. Begin dus God se Woord oor jou situasie spreek. Met ander woorde, spreek ‘lewe.’
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min