Woord vir Vandag - 14 Nov 2025

Loading player...
“Die tong het mag oor dood en oor lewe…” Spreuke 18:21 NLV

Spreek ‘lewe’ (1)

Maak seker dat jou woorde met God se Woord ooreenstem en stuur dan jou woorde op die pad waarvolgens jy wil hê jou lewe moet beweeg. Wat sê jy oor jou toekoms? Jou familie? Jou finansies? Jou gesondheid? As jy tans deur ‘n moeilike tyd gaan, moenie net bloot jou woorde gebruik om jou situasie te beskryf nie, gebruik dit om jou situasie te verander. Wanneer dit wat jy sê in lyn is met dit wat God sê, gee jy lewe aan jou geloof. Begin dus om te sê: ‘Ek kan alles deur Christus doen. Ek is geseënd. Ek is sterk. Ek is gesond.’ Wanneer jy so praat, spreek jy seën oor jou lewe uit. Begin om jou woorde in die rigting waarin jy jou lewe wil laat beweeg, te spreek. Miskien is jy teleurgestel. Miskien het ‘n verhouding geëindig. Miskien het jy nie die bevordering gekry nie. In plaas daarvan om te kla en te sê: ‘Wel, wat het ek verwag? Ek wen nooit,’ moet jy eerder verklaar: ‘Ek besef dat wanneer een deur toegaan, God ‘n ander deur oopmaak. Wat veronderstel was om my kwaad aan te doen, sal God ten goede gebruik (sien Genesis 50:20). Ek sal beter hieruit kom as wat ek voorheen was (sien Romeine 8:28). Wat jy oor jouself sê, is belangriker as wat enigiemand anders oor jou sê. Die woorde wat uit jou mond uit gaan, gaan direk in jou ore in en skep uiteindelik dieselfde beeld aan die binnekant. Begin dus God se Woord oor jou situasie spreek. Met ander woorde, spreek ‘lewe.’
7 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2025

“Be kind to one another, tender-hearted, forgiving one another, even as God in Christ forgave you.” Ephesians 4:32 NKJV Leave the past in the past Studies suggest that just 3 percent of life events are highly memorable. So, over the course of an average year, approximately seventeen experiences will make…
24 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2025

“Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.” Efersiërs 4:32 NLV Los die verlede in die verlede Studies dui daarop dat slegs 3 persent van lewensgebeure hoogs onvergeetlik is. Dus, oor die verloop van 'n…
24 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2025

“May our sons flourish…May our daughters be…graceful.” Psalm 144:12 NLT Give your children confidence Constantly tell your child that they’re loved, valuable, and capable. Otherwise, their self-evaluation will be based on their worst qualities and perceptions rather than their best ones. Psychologists say that some of the world’s most successful…
24 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2025

“Laat ons seuns sterk word… en ons dogters soos die mooiste pilare...” Psalm 144:12 DB Gee jou kinders selfvertroue Sê gedurig vir jou kind dat hulle geliefd, waardevol en bekwaam is. Andersins sal hul konsep van hulself op hul swakste eienskappe en persepsies eerder as hul beste, gebaseer wees. Sielkundiges…
24 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2025

“Yet in all these things we are more than conquerors through Him who loved us.” Romans 8:37 NKJV Quitters never win, winners never quit In some of the world’s greatest success stories, you will find chapters of failure and discouragement. Dr. Seuss’s first children’s book was turned down by twenty-seven…
24 Nov 2 min