Woord vir Vandag - 13 Nov 2025
Loading player...
“Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie…” 2 Korintiërs 4:8 NLV
Die oorwinnende gees
Die Brooklyn-brug, wat Brooklyn met die eiland Manhattan verbind, is een van die bekendste brûe ter wêreld. Toe dit vir die eerste keer in 1867 bedink is, het brugboukundiges regoor die wêreld vir die ontwerper, ‘n kreatiewe ingenieur met die naam van John Roebling, gesê dat sy idee nie sou werk nie. Roebling het sy seun Washington, wat ook ‘n ingenieur was, oortuig dat sy idee meriete het. Hulle twee het ‘n konsep ontwikkel, die probleme opgelos wat ander voorspel het en entoesiasties ‘n span gehuur om die brug te bou. Na slegs ‘n paar maande van bou, het ‘n tragiese ongeluk op die terrein John se lewe geneem en ‘n ander voorval het Washington later ernstig beseer, sodat hy nie meer kon praat of loop nie. Almal het gedink dat die projek laat vaar sou word, aangesien die Roeblings die enigstes was wat die dinamika van die brug geken en verstaan het. Washington kon egter nog dink en hy het ‘n brandende begeerte gehad om die voltooide brug te sien. Terwyl hy in sy hospitaalbed gelê het, het hy ‘n idee gekry. Hy sou met die ingenieurs kommunikeer deur een vinger te gebruik om in kode op sy vrou se arm te tik wat hy wou hê sy vir hulle moes sê. Washington het sy instruksies vir dertien jaar lank op sy vrou se arm getik, totdat die brug voltooi is! Dít is ‘n oorwinnende gees. Die apostel Paulus beskryf dit as volg: ‘Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie’ (verse 8-9 NLV). Hierdie woorde beskryf ‘n oorwinnende gees – die tipe gees wat God ook vir jou kan gee.