Woord vir Vandag - 13 Nov 2025

Loading player...
“Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie…” 2 Korintiërs 4:8 NLV

Die oorwinnende gees

Die Brooklyn-brug, wat Brooklyn met die eiland Manhattan verbind, is een van die bekendste brûe ter wêreld. Toe dit vir die eerste keer in 1867 bedink is, het brugboukundiges regoor die wêreld vir die ontwerper, ‘n kreatiewe ingenieur met die naam van John Roebling, gesê dat sy idee nie sou werk nie. Roebling het sy seun Washington, wat ook ‘n ingenieur was, oortuig dat sy idee meriete het. Hulle twee het ‘n konsep ontwikkel, die probleme opgelos wat ander voorspel het en entoesiasties ‘n span gehuur om die brug te bou. Na slegs ‘n paar maande van bou, het ‘n tragiese ongeluk op die terrein John se lewe geneem en ‘n ander voorval het Washington later ernstig beseer, sodat hy nie meer kon praat of loop nie. Almal het gedink dat die projek laat vaar sou word, aangesien die Roeblings die enigstes was wat die dinamika van die brug geken en verstaan het. Washington kon egter nog dink en hy het ‘n brandende begeerte gehad om die voltooide brug te sien. Terwyl hy in sy hospitaalbed gelê het, het hy ‘n idee gekry. Hy sou met die ingenieurs kommunikeer deur een vinger te gebruik om in kode op sy vrou se arm te tik wat hy wou hê sy vir hulle moes sê. Washington het sy instruksies vir dertien jaar lank op sy vrou se arm getik, totdat die brug voltooi is! Dít is ‘n oorwinnende gees. Die apostel Paulus beskryf dit as volg: ‘Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie’ (verse 8-9 NLV). Hierdie woorde beskryf ‘n oorwinnende gees – die tipe gees wat God ook vir jou kan gee.
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min