Woord vir Vandag - 12 Nov 2025

Loading player...
“want dit is God wat ons gemaak het wat ons is… God het hierdie goeie dinge wat ons moet doen, lank gelede gereedgemaak.” Efesiërs 2:10 ABA

God het ‘n plan vir jou lewe

‘n Dominee skryf: ‘Vir die gemiddelde oog was dit net ‘n stuk gekapte marmer. ‘n Jong kunstenaar genaamd Michelangelo het egter iets in hierdie klip gesien wat niemand anders kon nie. Om die agtien voet blok marmer te beitel, sou byna vier jaar van sy lewe in beslag neem. Hierdie oënskynlik waardelose klip was bestem om, wat baie mense beskou as die beste standbeeld wat nog ooit gebeeldhou is, te word. Michelangelo het ‘n dooie klip weer lewe gegee en deur sy kunssinnigheid daarin te blaas, het hy die Dawidbeeld tot stand gebring. Terwyl hy gebeitel het, het hy geglo dat die meesterstuk reeds binne-in die klip was. Al wat hy moes doen, was om die oortollige klip te verwyder sodat die beeld van Dawid kon ontsnap. Hy het nie gesien wat was nie, hy het gesien wat kan wees. Hy het nie die onvolmaakthede in die klip gesien nie, hy het ‘n meesterstuk van ongeëwenaarde skoonheid gesien. Dit is presies hoe die Kunstenaar [God] jou sien. ‘want dit is God wat ons gemaak het wat ons is… God het hierdie goeie dinge wat ons moet doen, lank gelede gereedgemaak.’ Elke kunswerk ontstaan in die kunstenaar se verbeelding. So het jy in die verbeelding van God ontstaan. Jy het gestalte in die verbeelding van die Almagtige gekry voordat jy gestalte in jou moeder se skoot gekry het.’ Maak nie saak wat ander van jou dink of hoe jy oor jouself dink nie, God sien jou as ‘n potensiële meesterstuk. Om jouself as enigiets anders as dit te sien, is om jou ware identiteit te devalueer en te verander. Jy ontdek ook dat God ‘n plan met jou lewe het, wanneer jy jou ware identiteit ontdek.
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min