Woord vir Vandag - 11 Nov 2025

Loading player...
“Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het…” Romeine 12:6 NLV

Jy het ‘n gawe wat God kan gebruik

‘n Pastoor skryf: ‘God het ‘n onkonvensionele gawe gebruik om Dawid strategies te posisioneer. Sy gawe met die slingervel is nie die enigste voorbeeld daarvan nie. Toe Dawid op die harp gespeel het, het dit Saul se gees gesus (sien 1 Samuel 16:23). Dit is hoe Dawid vir Jonatan (koning Saul se seun) ontmoet het. Dit is hoe hy die gebruike van die koning se hof geleer het. Sonder sy musikale gawe sou David nie eers ‘n voet in die deur gekry het nie! Jy weet nooit watter gawe God vir sy doeleindes sal gebruik nie, moet dus nie jou gawe onderskat nie. God kan enigiets vir sy doeleindes gebruik, as ons bloot toelaat dat ons deur Hom gebruik word. God het Noag se bootbouvaardighede en Josef se vermoë om drome te interpreteer, gebruik. Geen gawe is onnodig of onbruikbaar in God se groot plan nie. Jy moet egter besef: die grootste psalms is onder die ergste omstandighede geskryf. Die mees vertroostende psalms is in die ongemaklikste situasies geskryf. Dawid loop deur die dal van doodskaduwee. Dawid kwel hom oor sy owerspelige verhouding met Batseba. Dawid is ‘n voortvlugtige wat in grotte wegkruip. David wou nie in enige van daardie situasies wees nie, maar dit het die diep woorde wat ons in Psalm 23, Psalm 51 en Psalm 142 lees, voortgebring. Miskien worstel jy met depressie of steier jy onder ‘n fout wat onvergeeflik lyk, of dalk is jy net siek en sat daarvan om siek en sat te voel. Jy mag dalk nie van jou huidige omstandighede hou nie, maar dit mag dalk die sleutel tot jou karakterontwikkeling wees. Karakterontwikkeling is die sleutel tot jou toekoms.’
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min