Woord vir Vandag - 10 Nov

Loading player...
“Hulle is soos bome… wat vrugte dra op die regte tyd…” Psalm 1:3 NLV

Ken die ‘seisoen’ waarin jy jou bevind

Een sleutel om jou lewensdoel te vervul, is om te besef in watter seisoen jy jou bevind. As jy dit nie besef nie, sal jy geïrriteerd en teleurgesteld voel. Dis byvoorbeeld in sommige seisoene belangriker om te volg as om te lei. In sommige seisoene is dit waardevoller om mislukking, eerder as sukses, te hanteer. Een van die grootste foute wat ons maak is om met al ons energie op die volgende seisoen te konsentreer, eerder as om die seisoen waarin ons is te geniet, alles daaruit te put en al die lesse daaruit te leer. God wil jou bring waar Hy wil hê jy moet wees, selfs meer as wat jy daar wil kom. Geniet dus die reis en besef dat God jou daar sal bring wanneer jy gereed is. God is besig om emosionele uithouvermoë in jou te ontwikkel. Die sleutel tot emosionele uithouvermoë is om deur hoë vlakke van teleurstelling wat ons afbreek te beweeg, sodat God ons weer met ‘n heilige selfvertroue kan opbou. Kan jy jou indink hoe Dawid gevoel het om te kyk hoe sy broers gaan oorlog maak, terwyl hy moes agterbly om die skape op te pas? Sy dag was egter op pad. Joune ook. Moenie terwyl jy wag God se planne probeer vooruit loop deur kortpaaie te neem nie. God is besig om jou voor te berei. Hoe groter die geleentheid egter is, hoe langer neem dit. Die rede waarom ons geïrriteerd raak, is omdat ons groot droom sonder om lank te droom. Heroorweeg jou tydlyn en wees bemoedig wanneer dit langer neem as wat jy verwag het. Dit beteken dat God iets aansienlik meer wil doen as wat jy ooit kan vra of dink om te vra (sien Efesiërs 3:20).
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min