Woord vir Vandag - 10 Nov
Loading player...
“Hulle is soos bome… wat vrugte dra op die regte tyd…” Psalm 1:3 NLV
Ken die ‘seisoen’ waarin jy jou bevind
Een sleutel om jou lewensdoel te vervul, is om te besef in watter seisoen jy jou bevind. As jy dit nie besef nie, sal jy geïrriteerd en teleurgesteld voel. Dis byvoorbeeld in sommige seisoene belangriker om te volg as om te lei. In sommige seisoene is dit waardevoller om mislukking, eerder as sukses, te hanteer. Een van die grootste foute wat ons maak is om met al ons energie op die volgende seisoen te konsentreer, eerder as om die seisoen waarin ons is te geniet, alles daaruit te put en al die lesse daaruit te leer. God wil jou bring waar Hy wil hê jy moet wees, selfs meer as wat jy daar wil kom. Geniet dus die reis en besef dat God jou daar sal bring wanneer jy gereed is. God is besig om emosionele uithouvermoë in jou te ontwikkel. Die sleutel tot emosionele uithouvermoë is om deur hoë vlakke van teleurstelling wat ons afbreek te beweeg, sodat God ons weer met ‘n heilige selfvertroue kan opbou. Kan jy jou indink hoe Dawid gevoel het om te kyk hoe sy broers gaan oorlog maak, terwyl hy moes agterbly om die skape op te pas? Sy dag was egter op pad. Joune ook. Moenie terwyl jy wag God se planne probeer vooruit loop deur kortpaaie te neem nie. God is besig om jou voor te berei. Hoe groter die geleentheid egter is, hoe langer neem dit. Die rede waarom ons geïrriteerd raak, is omdat ons groot droom sonder om lank te droom. Heroorweeg jou tydlyn en wees bemoedig wanneer dit langer neem as wat jy verwag het. Dit beteken dat God iets aansienlik meer wil doen as wat jy ooit kan vra of dink om te vra (sien Efesiërs 3:20).