Woord vir Vandag - 9 Nov 2025

Loading player...
“Deur sy een offer het Hy al sy mense vir altyd volmaak geheilig.” Hebreërs 10:14 NLV

Jy sal nooit perfek genoeg wees nie (2)

Dorothy Littell Greco skryf: ‘Vir sommige perfeksioniste lei die vrees om ‘n fout te maak tot ‘n soort verlamming, wat ons oor elke besluit laat tob. Om jou te help onderskei of perfeksionisme in jou lewe ingesluip het, oorweeg die volgende vrae: a) Is jy gemaklik om hulp te vra, of is jy slegs gemaklik om dit aan te bied? b) Is jy in staat om gepaste kritiek te ontvang sonder om verdedigend te wees? c) Het jy ‘n knaende oortuiging dat jy op een of ander manier tekort skiet? d) Kritiseer jy jouself aanhoudend? e) Is jy in staat om vreugde te ervaar? ‘n Afwesigheid van vreugde kan een van die grootste tekens van perfeksionisme wees. Dit pers stadig die vreugde uit die lewe uit deur kreatiwiteit te verminder, foute te beklemtoon en ons slawe van sukses te maak.’ Die waarheid is dat dit nie saak maak hoe hard ons probeer nie, ons sal nooit perfek genoeg wees om ons sondeskuld af te betaal nie. Ons hoef nie te wees nie! ‘Maar ons Hoëpriester het vir die sondes net een offer vir alle tye gebring en daarna op die ereplek aan die regterhand van God gaan sit… Deur sy een offer het Hy al sy mense vir altyd volmaak geheilig’ (verse 12,14 NLV). Wanneer God jou perfek maak, gaan dit vir ewig wees en sodra jy hierdie waarheid begin verstaan, sal dit jou lewe verander. Gigi Graham Tchividjian sê: ‘Ons hoef nie perfek te wees om ‘n seën vir ander te wees nie. Ons moet net eerlik wees, op sy volmaaktheid vertrou om ons onvolmaaktheid te bedek en weet dat ons uiteindelik eendag alles sal wees waarvoor Christus ons gered het en wil hê ons moet wees.’
29 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min