Woord vir Vandag - 8 Nov 2025

Loading player...
“…julle geloof kom nie uit julleself nie, maar is ‘n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie…” Efesiërs 2:8-9 NLV

Jy sal nooit perfek genoeg wees nie (1)

‘n Perfeksionis streef daarna om niks minder as absolute perfeksie te bereik nie. Dorothy Littel Greco skryf: ‘Ek is al my lewe lank ‘n perfeksionis. Ek moes A's op skool kry, moes wen en moes almal tevrede stel. Elke fout of vermeende mislukking het ‘n stortvloed van selfveroordeling ontketen. Perfeksionisme spruit dikwels uit onsekerheid en ‘n foutiewe begrip van genade. Gedurende die eerste paar jaar behoort ouers deur hul woorde en dade te kommunikeer dat ons dierbaar is, al doen ons niks om daardie liefde te verdien nie. Nie almal van ons was egter aan die ontvangkant van sulke ouerskap nie. Daar is aan baie van ons behoeftes met frustrasie of selfs woede voldoen, wat ons as volg geïnterpreteer het: ‘Daar is iets fout met my.’ Wanneer dit die geval is, sluip skaamte mettertyd in en word ons begrip van ons eiewaarde verdraai. Die stem van perfeksionisme het toegeneem toe ek Jesus begin volg het. Ek was bang om geoordeel en uitgesluit te word, wat my gemotiveer het om my waarde aan my mede-Christene te bewys. Alhoewel ek teoreties geglo het dat ek uit genade gered is, het ek gelewe asof ek verlossing op krediet gekoop het en ‘n enorme skuld aangegaan het. Ek het geleef asof Jesus my ‘verlossingskontrak’ sou opskeur die oomblik wat ek ‘n fout maak. Toe ek begin verstaan het dat trots en ‘n vrees vir die mensdom my perfeksionisme aandryf, het ek dit as sonde bely en het perfeksionisme se wurggreep op my lewe begin verslap. Soos die Samaritaanse vrou by die put, het ek nodig gehad dat Jesus by my hart en gedagtes inbreek en my saggies na sy lewende water toe lei.’ Onthou, jy hoef nie perfek te wees om ‘n seën vir ander mense te wees nie!
29 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min