Woord vir Vandag - 7 Nov 2025

Loading player...
“…ons vra julle om erkenning te gee aan die mense wat hard onder julle werk. Hulle is julle leiers in die Here se werk en hou julle op die regte pad.” 1 Tessalonisense 5:12 NLV

Bewys waardering teenoor jou pastoor

Paulus skryf aan die gemeente in Tessalonika en sê: ‘Liewe broers en susters, ons vra julle om erkenning te gee aan die mense wat hard onder julle werk. Hulle is julle leiers in die Here se werk en hou julle op die regte pad. Ter wille van die taak wat hulle het, moet julle met liefde baie eerbied aan hulle betoon…’ (verse 12-13 NLV). Oorweeg hierdie statistieke van die een-en-twintigste eeu: 1) Vyftig persent van predikers voel so moedeloos dat hulle die bediening sou verlaat as hulle kon, maar hulle ken geen ander manier om ‘n bestaan te maak nie. 2) Vyftig persent van predikante sal nie vyf jaar in die bediening uithou nie. (3) Slegs een uit elke tien predikante sal as predikante in een of ander hoedanigheid aftree. 4) In Amerika het daar in 2011 elke maand meer as ‘n duisend sewehonderd predikante die bediening verlaat. Daar is baie redes waarom predikers die bediening verlaat. Een rede is onvoldoende finansiële ondersteuning en stres op die gesin. Paulus spreek dit aan: ‘Ouderlinge wat hulle werk goed doen, moet ook goed betaal word, veral dié wat hard werk in prediking én lering. Want die Skrif sê: ‘Moenie ‘n os verhinder om te eet terwyl hy die graan uittrap nie.’ En op ‘n ander plek: ‘Dié wat werk, verdien hulle loon’’ (1 Timoteus 5:17-18 NLV). Sommige predikers verlaat die bediening omdat hulle dikwels die teiken van gereelde kritiek is. Paulus spreek dit as volg aan: ‘Moenie na klagtes teen ‘n ouderling luister nie, tensy daar twee of drie getuies is wat hom aankla’ (vers 19 NLV). Bid dus vir jou pastoor en maak dit ‘n punt om jou waardering te bewys. God sal jou daarvoor seën.
29 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min