Woord vir Vandag - 6 Nov 2025

Loading player...
“Die verstandigste ding om te doen, is om eers wysheid te bekom. Wy jou daaraan toe om onderskeidingsvermoë te verkry.” Spreuke 4:7 NLV

Deel dit!

Mentor Graham was so besig om sy studente se opdragte na te sien, dat hy nie die jong reus wat een dag ná skool in sy Illinois-klaskamer ingesluip het, raakgesien het nie. Hy het na ‘n ruk opgekyk om sy moeë oë te laat rus en toe die jongman raakgesien. Hy het hom dadelik as ‘n nuweling in die gemeenskap herken. Die knaap het reeds ‘n reputasie gehad dat hy nie bang was om sy vuiste te gebruik om sy argumente vir hom te wen nie. ’n Mens sou kon verstaan as Graham se eerste gedagte sou wees: ‘Wat soek hy hier? Is ek in gevaar?’ Graham het egter die ses voet vier duim seun op en af gekyk en toe aangebied om hom met sy lees en skoolwerk te help. Toe die jongman ‘n uur later die klaskamer verlaat, het hy verskeie boeke onder sy arm gehad wat hy by Mentor Graham geleen het – met die belofte om vir nog boeke terug te kom. Daar is ‘n goeie kans dat jy nog nooit van Mentor Graham gehoor het nie, reg? Hy was ‘n stil man en bereid om sy bes vir enige student wat oor sy pad kom, te doen. Sy leerling het egter beroemd geword. Sy naam? Abraham Lincoln! Graham het in Lincoln ‘n honger na kennis en ‘n begeerte om te leer raakgesien en die tyd geneem om in hom te belê. As gevolg hiervan het Lincoln gehelp om die geskiedenis te verander. Die grootste belegging wat jy kan maak, is in mense. Salomo het geskryf: ‘Die verstandigste ding om te doen, is om eers wysheid te bekom. Wy jou daaraan toe om onderskeidingsvermoë te verkry.’ Wanneer jy hierdie wysheid en onderskeidingsvermoë ontvang – deel dit dan met ander!
29 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min