Woord vir Vandag - 5 Nov 2025

Loading player...
“In my nood het ek na die Here geroep en Hy het my gebed verhoor.” Psalm 120:1 NLV

911-gebede

Die 911 noodstelsel in Amerika is ‘n wonderlike stelsel. Op die meeste plekke in Amerika hoef jy net daardie nommer te skakel om onmiddellik aan ‘n beampte deurgeskakel te word. Die beampte sien onmiddellik op ‘n rekenaarskerm die persoon wat die oproep maak se telefoonnommer, adres en die naam waaronder die nommer gelys is. Die polisie, brandweer en paramedici luister ook na die oproep. ‘n Inbeller hoef niks te sê sodra die oproep gemaak is nie. Selfs ‘n hoes of histeriese gehuil sal ‘n vinnige reaksie tot gevolg hê. Die beampte weet waar die oproep vandaan kom en hulp word dadelik soontoe gestuur. Soms is ons situasie so dringend en desperaat dat ons dit nie in woorde kan omskryf nie, daarom stuur ons die 911-gebed op: ‘Here, ek het u hulp nodig!’ Hulp is dadelik op pad. ‘Ek sal hulle antwoord nog voor hulle na My roep. Terwyl hulle vra sal Ek hulle gebede verhoor’ (Jesaja 65:24 NLV). Soms voel jy die effek van iets, maar jy verstaan nie die oorsaak daarvan en jy kan dit nie verduidelik nie. Dis wanneer die inwonende krag van God se Gees jou te hulp snel: ‘Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie. Dié God wat die dieptes van elke hart deurgrond, weet wat die Gees in die oog het – dat Hy in harmonie met God se wil vir die gelowiges intree. En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe’ (Romeine 8:26-28 NLV).
29 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min