Woord vir Vandag - 4 Nov 2025
Loading player...
“...[Abraham se] geloof het dus eers volwassenheid bereik toe dit dade geword het.” Jakobus 2:22 NLV
Hoe jou geloof resultate kan lewer (4)
As jy regtig God se Woord rakende jou situasie glo, hoe sal jy anders optree? Om te sê jy glo is net die begin; om jou geloof te aktiveer beteken dat jy jou vir die antwoord moet begin voorberei. Vra jouself: ‘As ek regtig ‘n antwoord op my gebede verwag, hoe sal ek daarop voorberei?’ Jesus het in die Skrif die volgende gelykenis vir sy dissipels gegee: ‘…God se koningsheerskappy is soos ‘n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het… Dit word so ‘n groot boom…’ (Matteus 13:31-32 NLV). Die boer kan opreg glo dat hy ‘n mosterdboom kan laat groei, maar niks sal gebeur voor hy nie die plek kies, die grond voorberei, die saad plant en dit voortdurend natmaak nie. Sodra hy al daardie dinge doen, kan hy aktief begin uitkyk of die boom begin opkom. Waar moet mens dus begin? 1) Bid vir wysheid om die regte besluite te neem (sien Jakobus 1:5-7). 2) Beplan jou werk en werk volgens jou plan. Doellose, passiewe verwagting vir iets om te realiseer sonder deurdagte, aktiewe betrokkenheid, sal teleurstellend en vrugteloos wees. God gebruik jou as sy vennoot. ‘Ons is Gód se werkspan…’ (1 Korintiërs 3:9 NLV). 3) Breek jou plan in klein, uitvoerbare stappe op. 4) Moenie wag vir die vrees om weg te gaan of vir die geloof om te groei nie. Wees voorbereid om berekende, produktiewe risiko’s te neem. Voel die vrees en doen dit in elk geval! 5) Begin om God te dank, nog voor jy die antwoord kan sien. ‘…[Abraham se] geloof het dus eers volwassenheid bereik toe dit dade geword het.’ Dis nog steeds die Bybel se formule vir sukses.