Woord vir Vandag - 4 Nov 2025

Loading player...
“...[Abraham se] geloof het dus eers volwassenheid bereik toe dit dade geword het.” Jakobus 2:22 NLV

Hoe jou geloof resultate kan lewer (4)

As jy regtig God se Woord rakende jou situasie glo, hoe sal jy anders optree? Om te sê jy glo is net die begin; om jou geloof te aktiveer beteken dat jy jou vir die antwoord moet begin voorberei. Vra jouself: ‘As ek regtig ‘n antwoord op my gebede verwag, hoe sal ek daarop voorberei?’ Jesus het in die Skrif die volgende gelykenis vir sy dissipels gegee: ‘…God se koningsheerskappy is soos ‘n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het… Dit word so ‘n groot boom…’ (Matteus 13:31-32 NLV). Die boer kan opreg glo dat hy ‘n mosterdboom kan laat groei, maar niks sal gebeur voor hy nie die plek kies, die grond voorberei, die saad plant en dit voortdurend natmaak nie. Sodra hy al daardie dinge doen, kan hy aktief begin uitkyk of die boom begin opkom. Waar moet mens dus begin? 1) Bid vir wysheid om die regte besluite te neem (sien Jakobus 1:5-7). 2) Beplan jou werk en werk volgens jou plan. Doellose, passiewe verwagting vir iets om te realiseer sonder deurdagte, aktiewe betrokkenheid, sal teleurstellend en vrugteloos wees. God gebruik jou as sy vennoot. ‘Ons is Gód se werkspan…’ (1 Korintiërs 3:9 NLV). 3) Breek jou plan in klein, uitvoerbare stappe op. 4) Moenie wag vir die vrees om weg te gaan of vir die geloof om te groei nie. Wees voorbereid om berekende, produktiewe risiko’s te neem. Voel die vrees en doen dit in elk geval! 5) Begin om God te dank, nog voor jy die antwoord kan sien. ‘…[Abraham se] geloof het dus eers volwassenheid bereik toe dit dade geword het.’ Dis nog steeds die Bybel se formule vir sukses.
29 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min