Woord vir Vandag - 3 Nov 2025

Loading player...
“…Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie – sulke geloof is dood en help niks.” Jakobus 2:17 NLV

Hoe jou geloof resultate kan lewer (3)

Jakobus vra: ‘…wat help dit as ‘n mens sê jy het geloof, maar jou lewe wys dit nie?.. Sê nou jy sien ‘n Christenbroer of suster wat kos en klere nodig het, en jy sê: ‘Ek hoop dit gaan goed met jou; sorg dat jy warm aantrek en genoeg eet,’ maar jy gee nie vir daardie persoon kos of klere nie. Wat help dit dan? Dis duidelik: Om net te sê jy glo, is nie genoeg nie. Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie – sulke geloof is dood en help niks. Maar iemand sou kon redeneer: ‘Party mense het geloof, en ander het dade.’ Ek sê: ‘Jou geloof bly onsigbaar as dit nie dade word nie. Juis uit my dade sal ek jou my geloof wys’ (verse 14-18 NLV). ‘n Greintjie geloof wat met dade gevolg word, kan ‘n see van resultate oplewer (sien Matteus 13:31-32). Die Bybelse voorskrif vir geloof is eenvoudig maar kragtig. 1) Jy besluit om God se beloftes en sy krag om dit te laat gebeur, te glo – en laat die ‘hoe en wanneer’ aan Hom oor. 2) Jy kies om in ooreenstemming met dit wat jy glo op te tree, voor jy enige bewyse van resultate sien. 3) God reageer op jou geloof deur sy onbreekbare beloftes na te kom. ‘…Het Hy al ooit iets gesê wat Hy nie gedoen het nie? Het Hy iets belowe wat Hy nie nagekom het nie?’ (Numeri 23:19 NLV). God oefen altyd sy onbeperkte vermoë om sy Woord uit te voer, uit. Jesus het gesê: ‘…alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou’ (Markus 11:24 NLV). Dis nou jou verantwoordelikheid om sy beloftes aan te neem en daarvolgens op te tree.
29 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min