Woord vir Vandag - 3 Nov 2025
Loading player...
“…Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie – sulke geloof is dood en help niks.” Jakobus 2:17 NLV
Hoe jou geloof resultate kan lewer (3)
Jakobus vra: ‘…wat help dit as ‘n mens sê jy het geloof, maar jou lewe wys dit nie?.. Sê nou jy sien ‘n Christenbroer of suster wat kos en klere nodig het, en jy sê: ‘Ek hoop dit gaan goed met jou; sorg dat jy warm aantrek en genoeg eet,’ maar jy gee nie vir daardie persoon kos of klere nie. Wat help dit dan? Dis duidelik: Om net te sê jy glo, is nie genoeg nie. Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie – sulke geloof is dood en help niks. Maar iemand sou kon redeneer: ‘Party mense het geloof, en ander het dade.’ Ek sê: ‘Jou geloof bly onsigbaar as dit nie dade word nie. Juis uit my dade sal ek jou my geloof wys’ (verse 14-18 NLV). ‘n Greintjie geloof wat met dade gevolg word, kan ‘n see van resultate oplewer (sien Matteus 13:31-32). Die Bybelse voorskrif vir geloof is eenvoudig maar kragtig. 1) Jy besluit om God se beloftes en sy krag om dit te laat gebeur, te glo – en laat die ‘hoe en wanneer’ aan Hom oor. 2) Jy kies om in ooreenstemming met dit wat jy glo op te tree, voor jy enige bewyse van resultate sien. 3) God reageer op jou geloof deur sy onbreekbare beloftes na te kom. ‘…Het Hy al ooit iets gesê wat Hy nie gedoen het nie? Het Hy iets belowe wat Hy nie nagekom het nie?’ (Numeri 23:19 NLV). God oefen altyd sy onbeperkte vermoë om sy Woord uit te voer, uit. Jesus het gesê: ‘…alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou’ (Markus 11:24 NLV). Dis nou jou verantwoordelikheid om sy beloftes aan te neem en daarvolgens op te tree.