Woord vir Vandag - 2 Nov 2025

Loading player...
“…volgens die geestelike toerusting wat God aan jou toebedeel het.” Romeine 12:3 NLV

Hoe jou geloof resultate kan lewer (2)

Dank God dat geloof nie net vir diep geestelike mense bedoel is nie. As dit die geval is, sou ons almal in die moeilikheid wees! Ons is geneig om te dink dat geloof eksklusief aan mense soos Abraham, Moses, Elia, Samuel, Dawid, Daniël, Petrus en Paulus behoort. Hulle was inderdaad almal helde van geloof, maar geloof behoort nie alleenlik aan hulle nie. Die Bybel sê dat God geestelike toerusting aan ons almal gegee het. Niemand sal die hemel misloop omdat hy of sy nie genoeg geloof ontvang het om in die Here Jesus te glo en gered te word nie (sien Handelinge 16:31). God het nie bedoel dat ons net geloof sal hê nie, maar dat ons deur geloof sal lewe. Drie keer verseker die Nuwe Testament ons dat: ‘Dié mense wat my wil doen, sal uit die geloof lewe…’ (Hebreërs 10:38 NLV). Jy antwoord: ‘Ja, maar daardie Bybelse helde van geloof se geloof was groot; my geloof is so klein!’ Het jy geweet dat die apostels ook so gevoel het? Hulle het vir Jesus gesê: ‘…Help ons. Ons het meer geloof nodig’ (Lukas 17:5 NLV). Jesus het geantwoord: ‘…Al sou julle maar net ‘n geloof só klein soos ‘n mosterdsaadjie gehad het, sou julle aan hierdie moerbeiboom gesê het: ‘Ontwortel jouself en gaan verplant jou in die see,’ – hy sou julle gehoorsaam!’ (vers 6 NLV). Soos so baie van ons, het die apostels gedink dat hulle meer geloof nodig het. Jesus het hierdie geestelik verlammende wanpersepsie egter reggestel deur vir hulle te sê dat jy het nie ‘n trok vol geloof nodig het om wonderlike resultate te sien nie. ‘Geloof so klein soos 'n mosterdsaadjie’ kan wonderlike resultate teweegbring. Wanneer jy die geloof wat jy reeds gegee het in aksie omskep, sê Jesus dat dit resultate sal lewer!
29 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min