Woord vir Vandag - 1 Nov 2025

Loading player...
“Wat is geloof dan? Dit is ‘n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur…” Hebreërs 11:1 NLV

Hoe jou geloof resultate kan lewer (1)

Geloof het min met godsdiens of die kerk wat jy bywoon, te doen. Die Griekse definisie van die woord ‘geloof’ is pistis, wat ‘n vaste oortuiging, ‘n oortuiging wat op hoor en leer gebaseer is, beteken. Ander woorde wat ons help om geloof te definieer is vertroue, vrymoedigheid en om te glo. Hier is ‘n paar Skriftuurlike beskrywings van geloof: ‘Wat is geloof dan? Dit is ‘n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak.’ Die Bybel sê vir ons: ‘As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, daadwerklik beloon’ (vers 6 NLV). Dit sê ook vir ons: ‘Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus’ (Romeine 10:17 NLV). Jakobus skryf: ‘…Geloof wat nie dade word nie… sulke geloof is dood en help niks’ (Jakobus 2:17 NLV). Geloof, alhoewel dit gevoel kan word, is glad nie ‘n gevoel nie. Jy kan geloof hê en niks voel nie. Dit hou ook nie met intellektuele of teologiese kennis verband nie. Jou IK of vlak van opvoeding het niks met jou kapasiteit om geloof uit te oefen, te maak nie. Effektiewe geloof verg ‘n daad van jou wil. Dis ‘n keuse wat jy maak om dit wat God in sy Woord sê, ten volle te omhels. Wanneer dit gebeur, skep dit ‘n klimaat in jou hart wat jou motiveer om in ooreenstemming met dit wat jy kies om te glo, op te tree. Dis geloof!
29 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min