Woord vir Vandag - 1 Nov 2025
Loading player...
“Wat is geloof dan? Dit is ‘n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur…” Hebreërs 11:1 NLV
Hoe jou geloof resultate kan lewer (1)
Geloof het min met godsdiens of die kerk wat jy bywoon, te doen. Die Griekse definisie van die woord ‘geloof’ is pistis, wat ‘n vaste oortuiging, ‘n oortuiging wat op hoor en leer gebaseer is, beteken. Ander woorde wat ons help om geloof te definieer is vertroue, vrymoedigheid en om te glo. Hier is ‘n paar Skriftuurlike beskrywings van geloof: ‘Wat is geloof dan? Dit is ‘n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak.’ Die Bybel sê vir ons: ‘As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, daadwerklik beloon’ (vers 6 NLV). Dit sê ook vir ons: ‘Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus’ (Romeine 10:17 NLV). Jakobus skryf: ‘…Geloof wat nie dade word nie… sulke geloof is dood en help niks’ (Jakobus 2:17 NLV). Geloof, alhoewel dit gevoel kan word, is glad nie ‘n gevoel nie. Jy kan geloof hê en niks voel nie. Dit hou ook nie met intellektuele of teologiese kennis verband nie. Jou IK of vlak van opvoeding het niks met jou kapasiteit om geloof uit te oefen, te maak nie. Effektiewe geloof verg ‘n daad van jou wil. Dis ‘n keuse wat jy maak om dit wat God in sy Woord sê, ten volle te omhels. Wanneer dit gebeur, skep dit ‘n klimaat in jou hart wat jou motiveer om in ooreenstemming met dit wat jy kies om te glo, op te tree. Dis geloof!