Woord vir Vandag - 31 Okt 2025

Loading player...
“In die huis van regverdiges is daar skatte…” Spreuke 15:6 NLV

Die Bybel en jou beleggings (3)

Om jou vrees vir beleggings te oorkom, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Raak vaardig. Voordat jy begin belê, moet jy die taal en nuanses van die aandelemark, vaste eiendom, gesamentlike beleggingsfondse en ander transaksies aanleer. Daar is ‘n magdom inligting op die internet beskikbaar. Ja, jou spaarrekeninge en geldmarkrekeninge is goeie maniere om jou geld te beskerm terwyl jy ‘n bietjie rente verdien. As jy egter ‘n hoër opbrengs wil ontvang, moet jy ‘n mate van risiko neem. Hoe hoër die risiko, hoe hoër die opbrengs. (2) Kry raad. ‘Sonder beraadslaging loop planne skeef. Sukses is afhanklik van baie raadgewers’ (Spreuke 15:22 NLV). ‘n Goeie finansiële konsultant sal jou help om ‘n plan volgens jou ouderdom, toleransie vir risiko’s en beleggingsdoelwitte daar te stel. Praat met vriende en familie wat beleggings gemaak het; leer uit hul ervarings. Maak ook seker dat jy die Heilige Gees se leiding soek. Hy word die ‘Raadgewer’ genoem, omdat Hy jou in elke area van jou lewe kan lei (sien Johannes 14:26). 3) Begin beweeg. Tyd is geld. Jy kan bankrot speel terwyl jy vir groot dinge soos jou kinders se universiteitsopleiding of jou aftrede probeer spaar, as jy nie voordeel uit die hoë opbrengste wat die aandelemark en ander beleggings oor 'n lang tydperk bied, trek nie. Maak ook seker om op God se Woord te staan en Hom te vertrou: ‘Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word…’ (Deuteronomium 8:18 NLV). Solank as wat jou beweegrede is om God se wil te doen en ander mense te seën, kan jy vir God vra om jou met sukses te seën, en Hy sal.
19 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min