Woord vir Vandag - 29 Okt 2025

Loading player...
“Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra.” Matteus 25:19 AFR83

Die Bybel en jou beleggings (1)

Jesus het gesê: ‘Verder gaan [die koninkryk van die hemel] soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaar geroep en sy besittings aan hulle toevertrou. Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir ‘n ander twee, en vir ‘n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan. Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, het dadelik daarmee gaan werk en ‘n wins gemaak van nog vyf. So ook die een wat twee gekry het: hy het ‘n wins gemaak van nog twee. Maar die slaaf wat een gekry het, het ‘n gat in die grond gaan grawe en sy eienaar se geld daarin weggesteek. Na ‘n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra’ (verse 14-19 AFR83). Hoe het hierdie verhaal geëindig? Wel, die twee mans wat hulle talente verdubbel het, het hul eienaar se hoogste lof ontvang: ‘…Mooi so!..’ (verse 21, 23 AFR83). Die slaaf wat egter risikosku was, is sleg en lui genoem (sien vers 26 AFR83). Sy eienaar het vir hom gesê: ‘Dan moes jy my geld in die bank gesit het, en ek sou dit by my koms met rente teruggekry het. Vat die muntstuk van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien het. Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word’ (verse 27-29 AFR83). Wanneer die lewenskoste jaarliks gemiddeld met 2,5 persent styg, moet jou spaargeld minstens 2,5 persent jaarliks verdien, anders verloor jy geld eerder as om te verdien. Aangesien die Bybel vir ons sê om verstandig te belê, kan jy bid en vol vertroue wees dat God jou gesonde beleggingstrategieë sal gee.
19 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min