Woord vir Vandag - 28 Okt 2025

Loading player...
“Versterk die moeë hande… Bemoedig dié wie se knieë swak word en knik. Sê vir dié wat bang is: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie…’” Jesaja 35:3-4 NLV

Bemoedig iemand vandag

Elkeen van ons het bemoediging (ondersteuning wat selfvertroue en die wil om aan te gaan inspireer) nodig. Die woorde wat ons praat kan die mense rondom ons opbou of aftrek. Rebecca Barolow Jordan skryf: ‘Een van die eerste vrae wat ek graag vir Jesus elke oggend wanneer ek wakker word vra, is: ‘Hoe kan ek iemand vandag bemoedig? En vir wie?’ Hy is altyd getrou om te antwoord, dikwels deur sy Woord. Een oggend nadat ek daardie vraag gevra het, het ek Jesaja 35:3-4 gelees en ‘n praktiese antwoord gekry. Eerstens, ‘versterk die moeë hande.’ Dit kan onderwysers, haarstiliste, mammas, skrywers, sendelinge, pastore en ouers insluit. Vervolgings word daar in die teks melding gemaak om diegene wat ‘swak knieë’ het, te bemoedig. Ek het grootouers en senior burgers, veterane en selfs atlete met slytasie aan hul lywe in my geestesoog gesien. Die laaste kategorie, die wat bang is, kan waarskynlik almal insluit. Hierdie mense het nodig om die woorde: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie,’ te hoor. Ek sukkel nie om mense te vind om te bemoedig nie. Ek moet egter daaraan werk om te onthou om na Jesus se antwoorde te luister en daarop te reageer. Die wonderlike is dat ek gewoonlik die een is wat bemoedig word wanneer ek iemand anders probeer opbou. Vra Jesus om jou vandag te help om iemand te bemoedig. Nooi Hom om deur jou te praat en wees voorbereid op sy antwoorde.’ Paulus het gesê: ‘Terwyl ons die kans het, moet ons dus goeddoen aan alle mense, maar veral aan medegelowiges’ (Galasiërs 6:10 NLV). Soos jy jou gedagtes met maniere om die geloof van ander mense te versterk vul, sal jy verstom wees oor hoe baie energie en seën jy in die proses ontvang.
19 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min