Woord vir Vandag - 27 Okt 2025

Loading player...
“Getroude mans, julle moet julle vroue liefhê…” Efesiërs 5:25 NLV

Wees lief vir en eer jou vrou

Daar is ‘n verhaal van ‘n direkteur en sy vrou wat op reis was en gestop het om petrol in te gooi. Die direkteur het ingegaan om die winkel te besoek en toe hy weer uitkom, het hy gesien dat sy vrou met die petroljoggie staan en praat. Toe hy haar later daaroor uitvra, blyk dit dat sy vroeër in haar lewe met die petroljoggie uitgegaan het. Die direkteur het selfvoldaan gevoel en gesê: ‘Jy is seker bly dat jy met my, ‘n direkteur, en nie met ‘n petroljoggie getrou het nie.’ Sy het geantwoord: ‘Nee, ek dink as ek met hom getrou het, sou hy die direkteur en jy die petroljoggie gewees het.’ Voor God vir Eva geskep en haar na Adam gebring het, het Hy gesê: ‘…Dis nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n metgesel maak, sy gelyke wat hom kan help’ (Genesis 2:18 NLV). Stop en dink oor die verskeie maniere waarop jou vrou jou aanvul en jou help. Jy sê: ‘My vrou weet reeds dat ek haar liefhet.’ Miskien, maar sy hou tog daarvan om jou dit te hoor sê. Sê dit van tyd tot tyd met blomme. Gee aandag aan die klein dingetjies wat sy doen om jou lewe beter te maak en komplimenteer haar daaroor. Wanneer sy praat, gee haar 100 persent van jou aandag en laat haar weet dat haar gedagtes en gevoelens vir jou saak maak. Gaan elke week op ‘n afspraak. Soos die jare plooie en ekstra ponde byvoeg, waardeer haar en die lewe wat julle saam opgebou het. Paulus het ‘n baie hoë standaard vir mans gestel: ‘Getroude mans, julle moet julle vroue liefhê net soos Christus liefde aan die kerk bewys het toe Hy sy lewe daarvoor gegee het’ (Efesiërs 5:25 NLV).
19 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min