Woord vir Vandag - 26 Okt 2025

Loading player...
“Selfs al val ‘n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan…” Spreuke 24:16 NLV

Staan op en probeer weer

Thomas Edison het duisende eksperimente met verskillende soorte materiale in sy soeke na ‘n filament wat hy in koolstofgloeilampe kon gebruik, gedoen. Soos elke filament misluk het, het hy dit by die venster uitgegooi, totdat sy hoop mislukkings uiteindelik tot by die tweede verdieping van sy huis gestrek het. Eers ongeveer dertien maande ná sy eerste mislukking, het hy daarin geslaag om ‘n filament te vind wat die spanning van elektriese stroom kon weerstaan. Dit het as volg gebeur: Hy het nonchalant ‘n tikkie swartsel opgetel, dit met teer gemeng, dit in ‘n delikate draadjie gerol en besluit om ‘n filter van koolstof te gebruik. Hy het vyf uur aaneen gewerk om ‘n filament te maak, maar dit het in twee stukke gebreek voordat hy die vorm kon losmaak. Hy het twee spoele katoendraad opgebruik voordat hy ‘n perfekte filament ontwikkel het, net om dit te beskadig toe hy probeer om dit in die glasbuis te sit. Hy het twee dae en nagte wakker gebly voordat hy daarin kon slaag om een van die filamente in ‘n vakuum-verseëlde gloeilamp te sit. Toe hy die stroom aanskakel, het hy die gloed van elektriese lig waargeneem wat ons nou as vanselfsprekend aanvaar. ‘n Mislukking beteken nie noodwendig die einde nie; dit kan beteken dat jy een tree nader aan die oorwinning wat jy begeer, is. As jou poging misluk, probeer weer. Oorweeg ‘n nuwe perspektief. Neem tyd om die idee te oordink. Maak aantekeninge. Moet nooit op die doelwitte en drome waarin jy glo, opgee nie. God is deur al die ompaaie en vertragings by jou (sien Hebreërs 13:5-6). Wanneer jy vasberadenheid jou vriend, geduld jou dienskneg en God jou vennoot maak – sal jy sukses behaal!
19 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min