Woord vir Vandag - 25 Oktober 2025

Loading player...
“Iemand is wys wanneer hy die lewe wil verstaan…” Spreuke 14:8 DB

Wees wys, gebruik jou oorleg

Salomo skryf: ‘Iemand is wys wanneer hy die lewe wil verstaan…’ ‘Iemand wat verstandig is, sien wanneer die onheil kom en vermy dit. Die onervare mens loop oopoë daarin vas en boet daarvoor’ (Spreuke 22:3 NLV). ‘Goeie beplanning bring sukses. Oorhaastige optrede kan jou duur te staan kom’ (Spreuke 21:5 DB). Die besluite wat jy in die verlede geneem het, bepaal waar jy vandag is. As jy jou toekoms wil verander, moet jy leer om beter besluite te maak. Laat die volgende tien beginsels jou lei: 1) Moet nooit permanente besluite volgens tydelike omstandighede maak nie. Wanneer omstandighede verander, mag jy dalk spyt wees. 2) Moenie toelaat dat jou emosies jou blind vir rede maak nie. Bid, weeg dinge versigtig op en baseer jou besluite op volwasse oordeel. 3) Omring jouself met wyse mense en put krag uit hulle gawes, sonder om deur hul kundigheid geïntimideer te word. 4) Neem tyd om al jou opsies te oorweeg. Wat vandag goed lyk, mag dalk nie meer môre so goed lyk nie. 5) Jy kan nie op elke front suksesvol veg nie, kies dus jou oorloë versigtig. Sekere dinge is nie werd om oor te baklei nie. 6) Neem tyd om al die feite te kry; anders kan jy dalk in die moeilikheid beland. 7) Oorweeg die gevolge van elke aksie. Vra jouself: ‘Is ek gereed om hierdie nou te hanteer?’ 8) Maak seker dat jou verwagtinge nie jou potensiaal of jou hulpbronne oorskry nie. Fokus op die gawes wat God vir jou gegee het, want dis waar jy sukses sal behaal. 9) Tyd is jou waardevolste bate; gebruik dit slim. 10) Moet nooit tou opgooi nie. Wees gewillig om foute te maak, daaruit te leer en so dikwels as wat nodig is, oor te begin om sukses te behaal.
19 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min