Woord vir Vandag - 24 Okt 2025

Loading player...
“Sit ‘n wag voor my mond, Here, hou wag oor wat ek sê.” Psalm 141:3 NLV

Skinderstories!

As jy geneig is om te skinder, lees die volgende met aandag: ‘Ek vermink sonder om dood te maak. Ek breek harte en verwoes lewens. Ek is slinks en kwaadwillig. Hoe meer ek aangehaal word, hoe meer word ek geglo. Ek floreer op elke vlak van die samelewing. My slagoffers is hulpeloos; hulle kan hulself nie teen my beskerm nie, want ek het geen naam en gesig nie. Dis onmoontlik om my op te spoor. Hoe harder jy probeer, hoe meer ontwykend word ek. Ek is niemand se vriend nie. Sodra ek ‘n reputasie aantas, is dit nooit weer dieselfde nie. Ek kelder regerings, verwoes huwelike en laat onskuldige mense huil. Wie is ek? My naam is skinderstories!’ Salomo het gesê: ‘Skinderstories is so soet soos lekkers. Jy sluk dit maklik, en dit sink tot diep in jou gemoed’ (Spreuke 18:8 NLV). Ons moet noukeurig oplet wat Jesus oor die sonde van skinder sê: ‘Dít verseker Ek julle, julle sal op die oordeelsdag rekenskap moet gee van elke onverskillige woord wat julle sê. Op grond van wat jy nou sê, sal jy eendag vrygespreek of veroordeel word’ (Matteus 12:36-37 NLV). Eendag sal ons voor God staan om geoordeel en beloon te word. Openbaring 20:12 (NLV) sê: ‘…Daarna is die boekrolle oopgemaak…’ Daar gaan dus verskeie boekrolle wees. Kan een van hulle dalk die ‘boekrol van woorde’ wees? As jy glo dat dit moontlik is, sal jy nie iemand anders se hart breek deur hulle geheime oor te vertel, hulle vertroue te skend, hulle goeie naam skade aan te doen of hulle selfbeeld met bespotting en skimpe te ondermyn nie. Dawid het gebid: ‘Sit ‘n wag voor my mond, Here, hou wag oor wat ek sê.’ Dis ‘n gebed wat elkeen van ons op ‘n gereelde basis moet bid.
19 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min