Woord vir Vandag - 22 Okt 2025

Loading player...
“Dit verklaar waarom ‘n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word.” Genesis 2:24 NLV

Raad vir die skoonfamilie

Eight Ways In-laws Can Break Up a Marriage bied voorbeelde wat elke skoonfamilie moet laat stilstaan en dink: ‘1) Wanneer jou kind besluit om te trou, wees vyandig teenoor die persoon wat hulle gekies het. Dit beteken immers dat jou kind minder lief is vir jou en dus het jy die reg om ‘n wrok te koester. 2) Verwag dat hulle naweke en vakansies saam met jou moet deurbring en laat weet hulle dat jou gevoelens seergemaak is indien hulle dit nie doen nie. 3) Wanneer hulle probleme met hul maat ondervind, moedig hulle aan om terug huis toe te kom. Wanneer hulle dit doen, luister na hulle klagtes en wys enige ander tekortkominge wat hulle dalk vergeet het, ook uit. Onthou, druppel na druppel kan die rots laat wegslyt. 4) As hulle finansiële probleme het, red hulle daaruit. Bedel, leen of steel om hulle te help, maar laat weet hulle dat jy nooit sal toelaat dat hulle met minder moet klaarkom nie. 5) As hulle ‘n drank- of dwelmprobleem het, sê vir hulle dat hul maat hulle daartoe gedryf het. Almal het immers iemand nodig om te blameer. 6) As hulle die geleentheid kry om vir ‘n bevordering by die werk na ‘n ander dorp te trek, herinner hulle daaraan dat ‘familie’ belangriker as geld is en dat God hulle sal straf omdat hulle nie hulle ouers eer nie. 7) As daar kleinkinders betrokke is, bederf hulle. Wanneer die ouers beswaar maak, sê vir hulle om hulle neuse uit jou sake te hou, dis waarvoor kleinkinders daar is. 8) Wanneer jou kind ‘n argument met hul maat het, blaas die vlamme aan. Lojaliteit teenoor ‘n mens se gesin is ‘n wonderlike ding; met ‘n bietjie werk kan jy ‘n klein argument in ‘n grote verander en so ‘n huwelik opbreek.’
19 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min