Woord vir Vandag - 21 Okt 2025

Loading player...
“U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is.” Jesaja 26:3 NLV

God se antwoord op angs (4)

Dr D. James Kennedy het geskryf: ‘’n Gepaste grafskrif vir die meeste mense deesdae sou ‘Hurried, worried and buried’ wees. Ons wens dikwels dat ons van al ons verantwoordelikhede en bekommernisse kan wegstap. Die uitvoerende hoof van een klein maatskappy wat op pad was om bankrot te speel, het besluit om juis dit te doen. Hy het sy maatskappy se vise-president ingeroep en gesê: ‘Ek is nou keelvol daarvoor om my oor hierdie maatskappy te bekommer. As jy my pos oorneem en al my bekommernisse namens my hanteer, sal ek vir jou ‘n salarisverhoging van R50,000 gee.’ Verbaas en verbysterd deur hierdie ruim aanbod (en met kennis van die benarde finansiële toestand waarin die maatskappy verkeer), het die vise-president gevra: ‘Maar waar gaan jy ‘n ekstra R50,000 kry?’ Die baas het geantwoord: ‘Dis jou eerste bekommernis!’ William Gladstone, Eerste Minister van Engeland, was ‘n Christen wat die Here gedien het. Op die muur van sy slaapkamer het ’n portret gehang met die volgende teks daarop geborduur: ‘U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is.’ Dit was die eerste ding wat Gladstone gesien het wanneer hy in die oggend wakker word en die laaste ding wat hy gesien het voor hy gaan slaap het. Dit is die geheim tot vrede! Ons kan ook hierdie vrede hê, want ons weet dat die Een op wie ons ons gedagtes gevestig het, die Een is wat alles ten goede vir ons laat saamwerk. Steel die woeste tempo van die moderne lewe jou vrede? Indien dit die geval is, kom tot stilstand en fokus weer op die Here. Besef dat Hy by jou is en dat Hy in beheer is, maak nie saak wat oor jou pad kom nie. Hou jou gedagtes op Hom en laat Hom jou sy vrede gee.’
19 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min