Woord vir Vandag - 20 Okt 2025

Loading player...
“Vir die bedrukte mens bring elke dag net probleme…” Spreuke 15:15 NLV

God se antwoord op angs (3)

Een Christelike skrywer sê: ‘Ek het eenkeer deur ‘n tydperk gegaan waar ek deur angs geteister was. Ek was vir geen spesifieke rede nie met vrees vervul. Ek het heeltyd gevoel of iets verskrikliks gaan gebeur. Uiteindelik het ek na die Here gegaan en Hom gevra wat my kwel. ‘n Rukkie later het ek Spreuke 15:15 (NLV) raakgeloop: ‘Vir die bedrukte mens bring elke dag net probleme. Vir die blymoedige mens is die hele lewe ‘n fees.’ Ek was net soos soveel ander mense. Ek was op soek na een of ander groot probleem wat my daarvan weerhou het om die lewe te geniet. Ek het alles so intens ervaar; ek het vir myself probleme geskep waar daar nie werklik probleme bestaan het nie. Een keer in ‘n vergadering het die Here vir my gesê om iets te sê. Blykbaar moes iemand anders dit ook hoor: ‘Hou op om ‘n groot ding uit niks te maak nie.’ Ek was vroeër die tipe mens wat sulke raad moes hoor. Ek kon berge van molshope maak. Ek moes leer om sommige dinge net te laat gaan - dit te vergeet en met my lewe aan te gaan. Sommige van ons raak ontsteld oor dinge wat eenvoudig nie die moeite werd is om oor ontsteld te raak nie - daardie ‘…klein jakkalsies wat die wingerde verniel…’ (Hooglied 2:15 NLV). As ons lewens daaruit bestaan om oor die een dingetjie na die ander ontsteld te raak, sal ons nie veel vrede of vreugde hê nie.’ Die woord vir jou vandag is dus - kweek ‘n gelukkige hart en begin om die lewe wat God vir jou gegee het, te geniet!
15 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min