Woord vir Vandag - 19 Okt 2025

Loading player...
“Kom na My toe, almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik.” Matteus 11:28 NLV

God se antwoord op angs (2)

Angsversteurings is een van die algemeenste geestesiektes. Dit was egter nooit deel van God se plan nie. Jesus het gesê: ‘Kom na My toe, almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal nuwe krag kry’ (Matteus 11:28-29 NLV). Wanneer osse langs mekaar in die lande werk, word hulle met ‘n juk saamgespan en deel die werkslading. Dis wat Jesus wil hê jy moet doen: om saam met Hom te werk. Kan jy aan enigiemand beter dink om jou lading mee te deel? Dit laat mens wonder hoekom ons so lank wag om sy aanbod te aanvaar! Hy gaan dan verder deur te sê: ‘En moenie oor kos bekommerd wees nie – oor wat om te eet en wat om te drink nie… julle Vader ken alreeds julle behoeftes. Hy sal daagliks vir julle alles gee wat julle nodig het, as julle die koningsheerskappy van God julle primêre belang maak’ (Lukas 12:29-31 NLV). Jesus gee ons die perfekte perspektief op die lewe. Jy kan nie een dag by jou lewe voeg deur jou te bekommer nie, maar jy kan dit definitief deur stres en angs verkort. Dink daaroor: Die voëls sit nie in die bome en bekommer hulself oor wat hulle môre gaan eet nie. Nee, hulle sing sonder enige sorge. Die lelies bekommer hulself nie oor hoe hulle gaan groei en of hulle genoeg reën gaan kry om te oorleef nie. God se hele skepping, behalwe die mens, het geen sorge in die wêreld nie. Aangesien jou hemelse Vader selfs meer vir sy mense omgee, kan jy seker wees dat Hy vir jou sal sorg.
15 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min