Woord vir Vandag - 18 Okt 2025

Loading player...
“Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles…” Filippense 4:6 NLV

God se antwoord op angs (1)

Angs is die vloek van die moderne era, maar dis nie ‘n nuwe neiging nie. Jesus praat in die Skrif gereeld oor angs, stres en vrees. Hy sê in Matteus 6:25-27 (NVL): ‘…hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe – wat julle sal eet of drink; of oor julle liggame – wat julle sal aantrek. Is om te lewe nie baie kosbaarder as kos nie? En is ‘n mens se liggaam nie baie kosbaarder as klere nie? Hou die voëls in die lug dop. Hulle saai nie, hulle oes nie, en hulle maak nie in skure bymekaar nie… Besef julle dan nie dat julle vir God nog baie kosbaarder is as hulle nie? Kan al julle bekommernis julle lewe een sekonde langer rek? Vanselfsprekend nie!’ Jesus het nie hierdie woorde gesê net om ons vrese en bekommernisse te verlig nie. Hy het ons beveel om nie angstig te wees nie, want dit toon ‘n gebrek aan geloof in God se getrouheid aan ons. Paulus skryf: ‘Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. As julle so bid, sal julle God se vrede beleef. Hierdie vrede is wonderliker as wat ‘n mens ooit sal dink. Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas’ (Filippense 4:6-7 NLV). In plaas daarvan om toe te laat dat vrees en angs jou beheer, kan jy vrede ontvang deur jou bekommernisse in gebed na God te bring, Hom deur geloof te dank vir die antwoord en Hom te vertrou om dinge uit te werk. Wat gaan jy dus doen? Jou bekommer en kwel, of bid en vrede ontvang? Die keuse is joune.
15 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min