Woord vir Vandag - 17 Okt 2025

Loading player...
“…Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe!” Jesaja 55:7 NLV

‘n Nuwe begin

Die D575A is die grootste stootskraper in die wêreld. Dis 5 meter lank, 7,6 meter breed, 12,5 meter hoog en weeg meer as 100000 kilogram. Dit is een keer in ‘n land waar daar ‘n oormaat vullis was wat die omgewing besoedel het, gebruik. Die stootskraper is ingevoer om ‘n gat groot genoeg te grawe om al daardie vullis bymekaar te maak, dit te begrawe en uit die inwoners se lewens te verwyder. God het by die kruis ‘n gat groot genoeg gegrawe om die sondes van die hele wêreld, in die verlede, hede en toekoms, bymekaar te maak en op sy Seun geplaas. Hy neem al sy Seun se sondelose volmaaktheid en geregtigheid en plaas dit op jou die oomblik wat jy jou vertroue in Hom plaas. ‘God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word’ (2 Korintiërs 5:21 NLV. Jy sê: ‘Maar ek het so erg misluk.’ ‘n Vuil diamant is steeds ‘n diamant; dit moet net skoongemaak word. Dis wat die bloed van Jesus vir ons doen (sien 1 Johannes 1:7). Die wonderlike van ‘n elektroniese sakrekenaar is dat wanneer jy ‘n verkeerde knoppie druk, alles nie verlore is nie. Jy hoef nie die probleem te ontknoop of op te los nie. Deur eenvoudig op ‘clear’ te druk, kan jy die berekening weer begin. ‘Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los, en die bose mens sy slegte gedagtes. Hy moet terugdraai na die Here en Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe!’ (Jesaja 55:7 NLV). God staan gereed om jou te vergewe, jou te herstel en vir jou ‘n nuwe begin te gee.
15 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min