Woord vir Vandag - 16 Okt 2025

Loading player...
“Ek het julle gelouter…Ek het julle gelouter in die smeltkroes van lyding.” Jesaja 48:10 NLV

Voel jy die hitte?

C.S. Lewis het gesê: ‘God fluister vir ons in ons plesier, praat in ons gewete, maar skree in ons pyn; dit is sy megafoon om ‘n dowe wêreld wakker te maak.’ Dit was in die smeltkroes van lyding wat die Psalmdigter Dawid gesê het: ‘Leer my goeie oordeel en kennis, want ek vertrou op u gebooie. Voor ek gely het, het ek afgedwaal, maar nou leef ek volgens u woord. U is goed en doen net wat goed is…’ (Psalm 119:66-68 NLV). Jy kom egter nie op die plek van oorgawe maklik of oornag nie. Dit neem tyd, ‘n bietjie geskop en geskree en ‘n paar remmerke op die plaveisel waar jy weerstand gebied het! God het vir Jesaja gesê om te profeteer: ‘Ek het julle gelouter…Ek het julle gelouter in die smeltkroes van lyding… Ter wille van Myself…’ (Jesaja 48:10-11 NLV). Lyding is ‘n eensame ervaring; dis nie iets wat jy sal kies nie. Die digter Ella Wheeler Wilcox herinner ons: ‘There is room in the halls of pleasure for a large and lordly train, but one by one we must all file on through the narrow aisles of pain.’ Nietemin sê die Bybel: ‘Hierdie soort swaarkry maak juis deel uit van dit waartoe God julle geroep het. Christus, wat vir julle gely het, is julle voorbeeld. Trap in sý spore’ (1 Petrus 2:21 NLV). Daar is nie ‘n maklike manier om soos Jesus te word nie; dit verg ongemak en pyn. Die goeie nuus is egter dat jy nie alleen in die vuur is nie. God weet presies hoeveel hitte nodig is om jou tot by die plek te bring waar jy kan sê: ‘U is goed en doen net wat goed is.’ Jy mag dalk nog nie by daardie plek wees nie, maar jy beweeg nader daaraan.
15 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min