NamPol kan weereens nie Gedragsertifikate uitreik nie omdat die mag se Kriminele Rekordstelsel tegniese probleme ondervind. Die sertifikaat word algemeen vereis vir werksaansoeke, visumaansoeke om in die buiteland te werk of te studeer, of ander amptelike doeleindes om te toon dat 'n persoon geen kriminele rekord het nie. NamPol-woordvoerder, adjunkkommissaris…
President Cyril Ramaphosa sê vanoggend se dodelike skoolvervoer-ongeluk in Gauteng is veral ontstellend omdat dit gebeur het op dieselfde dag wat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie 'n verslag oor leerdervervoer in Noordwes gepubliseer het. Minstens 12 leerders is vanoggend dood toe hul voertuig naby Vanderbijlpark met 'n vragmotor gebots het. Die Presidensie…
Die Fishrot-saak het weer vandag voorgekom vir ‘n besluit oor ‘n uitstel sowel as regshulp. Die groep beskuldigdes staan tereg op 42 aanklagte, insluitend afpersing, oortreding van die teenkorrupsiewet, sameswering, korrupte gebruik van 'n amp om beloning te ontvang, bedrog, diefstal, geldwassery en die verydeling of belemmering van die regsproses…
Kaapstad sê brandstatistiek vir die afgelope agt weke toon ʼn jaar tot jaar toename in veld- en huisbrande. In vergelyking met die vorige jaar het brande in die verskillende kategorieë met tussen vyf- en 16-persent toegeneem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê tussen 1 Desember 2025 en…
Die DA vra ʼn dringende parlementêre debat nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag blykbaar president Cyril Ramaphosa se opdrag oor die 2026 Will for Peace-oefening geïgnoreer het. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, het ʼn raad van ondersoek aangestel om te bepaal waarom Ramaphosa se opdrag om Iran aan die multinasionale…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.