NNN wil meer werke sien in mynbou

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Namibië se mynbousektor uitgedaag om 'n dryfkrag te word in haar administrasie se plan om 500 000 werksgeleenthede oor die volgende vyf jaar te skep. Sy het die Kamer van Mynwese by Staatshuis toegespreek en gevra vir groter waardetoevoeging in mynbou om werkryke stroomaf-nywerhede te ontsluit en groeiende ongelykheid aan te pak.
18 Sep 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stelselprobleme kortwiek weer NamPol Gedragsertifikate-uitreiking

NamPol kan weereens nie Gedragsertifikate uitreik nie omdat die mag se Kriminele Rekordstelsel tegniese probleme ondervind. Die sertifikaat word algemeen vereis vir werksaansoeke, visumaansoeke om in die buiteland te werk of te studeer, of ander amptelike doeleindes om te toon dat 'n persoon geen kriminele rekord het nie. NamPol-woordvoerder, adjunkkommissaris…
19 Jan 8AM 1 min

12 leerders sterf in botsing naby Vanderbijlpark

President Cyril Ramaphosa sê vanoggend se dodelike skoolvervoer-ongeluk in Gauteng is veral ontstellend omdat dit gebeur het op dieselfde dag wat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie 'n verslag oor leerdervervoer in Noordwes gepubliseer het. Minstens 12 leerders is vanoggend dood toe hul voertuig naby Vanderbijlpark met 'n vragmotor gebots het. Die Presidensie…
19 Jan 8AM 1 min

Fishrotters soek weer uitstel, kom Woensdag weer voor

Die Fishrot-saak het weer vandag voorgekom vir ‘n besluit oor ‘n uitstel sowel as regshulp. Die groep beskuldigdes staan tereg op 42 aanklagte, insluitend afpersing, oortreding van die teenkorrupsiewet, sameswering, korrupte gebruik van 'n amp om beloning te ontvang, bedrog, diefstal, geldwassery en die verydeling of belemmering van die regsproses…
19 Jan 7AM 1 min

Amper 3 500 veldbrande om Kaapstad in 6 weke

Kaapstad sê brandstatistiek vir die afgelope agt weke toon ʼn jaar tot jaar toename in veld- en huisbrande. In vergelyking met die vorige jaar het brande in die verskillende kategorieë met tussen vyf- en 16-persent toegeneem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê tussen 1 Desember 2025 en…
19 Jan 7AM 1 min

Iran-oefeninge: Hoekom is Cyril se opdrag geïgnoreer?

Die DA vra ʼn dringende parlementêre debat nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag blykbaar president Cyril Ramaphosa se opdrag oor die 2026 Will for Peace-oefening geïgnoreer het. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, het ʼn raad van ondersoek aangestel om te bepaal waarom Ramaphosa se opdrag om Iran aan die multinasionale…
19 Jan 5AM 1 min