Bevindings van Madlanga-kommissie nie bindend nie

Loading player...
Die Madlanga-ondersoekkommissie sê sy aanbevelings sal nie bindend wees nie en slegs as riglyn vir president Cyril Ramaphosa dien. Die kommissie moet KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings van misdadigheid, politieke inmengery en korrupsie in die polisie ondersoek. Hy sal die eerste getuie wees wanneer die verhore volgende Woensdag in Pretoria begin. Die kommissie se getuienisleier, advokaat Matthew Chaskalson, sê hulle hoop Ramaphosa sal op hul aanbevelings reageer:
9 Sep 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ministerie, oud-Namibiese vlugtelinge vergader agter geslote deure

Die vergadering tussen die voormalige Namibiese vlugtelinge en die ministerie van internasionale betrekkinge het skielik geëindig nadat adjunkminister Jenelly Matundu die media verskoon het vir verdere beraadslagings. Dit kom na lede van die vereniging korrespondensie wat van die ministerie en VN-amptenare voorgelees is, verwerp is as onvoldoende. Die vlugtelinge het…
20 Jan 7AM 1 min

CCTV-kameras vang vermeende brandstigter

Kringtelevisiekameras het polisie in Kaapstad gehelp om ʼn vermeende brandstigter vas te trek wat probeer het om die veld langs ʼn belangrike hoofweg aan die brand te steek. Hierdie inhegtenisneming was een van 375 arrestasies wat die metro se toepassingsagentskappe die afgelope week uitgevoer het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en…
20 Jan 7AM 1 min

Knysna se watertekorte is as gevolg van wanbestuur

Die GOOD-Party sê die ernstige watertekort in Knysna in die Wes-Kaap is as gevolg van die droogte en jare se onderbelegging in waterinfrastruktuur. Intussen help Gift of the Givers gemeenskappe deur water met vragmotors af te lewer, wat broodnodige verligting bied. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, waarsku dat krane…
20 Jan 5AM 1 min

Groenland: Dis alles deel van Trump se kommunikasie-styl

Die voormalige direkteur van kommunikasie in die Withuis, Anthony Scaramucci, sê hy glo die Groenland-debakel behoort teen die einde van die week verby te wees. Hy het by Davos by die Wêreld Ekonomiese Forum met Sky News gepraat en sê dit is alles deel van hoe president Donald Trump sy…
20 Jan 5AM 1 min

Namibiese navorsing internasionaal geloof

Reaksie word ontvang op die Namibiese ekoloog, dr. Saima Shikesho, se studie oor die rol van swartrugjakkalse in die verspreiding van !nara-sade wat as die Navorsingstuk van die Jaar vir 2024 aangewys is deur die Zoological Society of London se Journal of Zoology. Volgens kenners kan die eer nog vele…
20 Jan 5AM 1 min