Namcor gesels met noordelike gemeenskappe die week

Loading player...
Openbare konsultasies oor Namibië se nasionale konsepbeleid vir plaaslike inhoud in die stroomop-petroleumsektor duur vandeesweek voort, met sessies in Rundu vandag, Nkurenkuru op Woensdag en Katima Mulilo op Vrydag. Die beleid is daarop gemik om plaaslike deelname in die olie- en gassektor te bevorder deur vaardigheidsontwikkeling en werkskepping. Namcor se woordvoerder Paulo Coelho het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en die belangrikheid van gemeenskapsinsette beklemtoon.
8 Sep 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Solidariteit vra Amerika om SA in Agoa te hou

Solidariteit versoek Amerika om Suid-Afrika se deelname aan die Wet op Afrika-Groei en -Geleenthede te behou. Woordvoerder Jaco Kleynhans sê die voorsitter, Flip Buys, het in 'n brief aan presidente Cyril Ramaphosa en Donald Trump, en die Senaatsleier, John Thune, gevra dat diplomatieke spanning nie die handelsooreenkoms moet ontspoor nie…
20 Jan 8AM 1 min

Australië kry nuwe wette ná Bondi Beach-skietery

Die Laerhuis van Australië se parlement het wette aanvaar om vuurwapens in dié land van eienaars terug te koop en aansoekers vir vuurwapenlisensies se agtergrond strenger na te gaan. Dit volg op die aanval op Bondi Beach in Desember tydens 'n Joodse fees waarin 15 mense dood is. Die terugkoopplan…
20 Jan 8AM 1 min

Ministerie, oud-Namibiese vlugtelinge vergader agter geslote deure

Die vergadering tussen die voormalige Namibiese vlugtelinge en die ministerie van internasionale betrekkinge het skielik geëindig nadat adjunkminister Jenelly Matundu die media verskoon het vir verdere beraadslagings. Dit kom na lede van die vereniging korrespondensie wat van die ministerie en VN-amptenare voorgelees is, verwerp is as onvoldoende. Die vlugtelinge het…
20 Jan 7AM 1 min

CCTV-kameras vang vermeende brandstigter

Kringtelevisiekameras het polisie in Kaapstad gehelp om ʼn vermeende brandstigter vas te trek wat probeer het om die veld langs ʼn belangrike hoofweg aan die brand te steek. Hierdie inhegtenisneming was een van 375 arrestasies wat die metro se toepassingsagentskappe die afgelope week uitgevoer het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en…
20 Jan 7AM 1 min

Knysna se watertekorte is as gevolg van wanbestuur

Die GOOD-Party sê die ernstige watertekort in Knysna in die Wes-Kaap is as gevolg van die droogte en jare se onderbelegging in waterinfrastruktuur. Intussen help Gift of the Givers gemeenskappe deur water met vragmotors af te lewer, wat broodnodige verligting bied. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, waarsku dat krane…
20 Jan 5AM 1 min