Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

Loading player...
“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV

Staan op en hou aan! (1)

Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie. Dit is die vermoë om oor ‘n lang tydperk hard na ‘n gefokusde doelwit te werk; om ten spyte van uitdagings, struikelblokke en mislukkings aan te hou vorentoe beweeg. Paulus skryf: ‘Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie’ (verse 8-9 NLV). Hier is ‘n paar bekende mense wat eers platgeslaan is, maar opgestaan en aangehou het. ‘n Memorandum wat ná Fred Astaire se eerste oudisie uitgereik is, het gesê: ‘Kan nie toneelspel nie. Effens bles. Kan ‘n bietjie dans.’ Walt Disney is deur ‘n koerantredakteur weens ‘n gebrek aan idees afgedank. Hy het ook verskeie kere bankrot gespeel voordat hy Disneyland gebou het. Albert Einstein het eers op vier jaar oud begin praat en eers op sewe begin skryf. Sy onderwyser het hom as volg beskryf: ‘Verstandelik stadig, ongesellig en al ewig besig om dwase drome te droom.’ F. W. Woolworth se werkgewers het gesê dat hy nie genoeg verstand het om klante te bedien nie. Winston Churchill het op laerskool gedruip. Hy het eers op ses-en-sestig-jarige ouderdom, na ‘n leeftyd van nederlae en terugslae, Eerste Minister van Brittanje geword. Hy het sy grootste bydrae as ‘n senior burger gelewer. Abraham Lincoln het een keer gesê: ‘Hou in gedagte dat jou eie besluit om sukses te behaal, belangriker as enige ander besluit is.’ Wanneer die lewe dus jou planne in die wiele ry, staan weer op en hou aan!
5 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2025

“Do you see someone who speaks in haste? There is more hope for a fool than for them.” Proverbs 29:20 NIV Don’t speak too quickly When you speak too quickly, you can send the wrong signal and get results you don’t want. This is particularly so when you’re negotiating for…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2025

“Jy sien self daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink.” Spreuke 29:20 NLV Moenie te vinnig praat nie Wanneer jy te vinnig praat, dra jy die verkeerde boodskap oor en kry resultate wat jy nie wil hê nie. Dis veral…
7 Nov 2 min

Word for Today - 29 Nov 2025

“Like a city whose walls are broken through is a person who lacks self-control.” Proverbs 25:28 NIV Submit to the Holy Spirit In Bible times cities were built with high walls around them for protection. Why? Because an enemy strong enough to tear down those walls was strong enough to…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2025

“Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied.” Spreuke 25:28 NLV Onderwerp jou aan die Gees se beheer In Bybelse tye is stede met hoë mure vir beskerming rondom hulle gebou. Hoekom? Omdat ‘n vyand wat sterk genoeg was…
7 Nov 1 min

Word for Today - 28 Nov 2025

“He was moved with compassion for them.” Matthew 9:36 NKJV “Moved with compassion” Was God telling him to stay in London rather than go to China? Thomas Barnardo had come to London for missionary training, only to have a ten-year-old child show him a rooftop where eleven homeless boys were…
7 Nov 2 min