Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

Loading player...
“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV

Bewys dit!

Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n preek oor die verhaal van die barmhartige Samaritaan (Lukas 10:30-37), lewer. Hulle moes van klaskamer tot klaskamer gaan en liefde en deernis aan ander verkondig. Sommige studente het tien minute tussen klasse gehad, terwyl ander minder tyd gehad het, wat hulle genoop het om vinnig te maak om op skedule te bly. Elke student moes ook in ‘n aangewese gang verby ‘n ‘bedelaar’ stap wat doelbewus deur die professor daar geplant is. Wat daardie dag gebeur het, was ‘n kragtige les. Die aantal voornemende predikers wat stilgestaan het om die bedelaar te help, was uiters laag, veral onder diegene wat onder druk vir tyd was. Hulle was so besig om hulle te haas om oor die barmhartige Samaritaan te preek, dat hulle reguit verby die bedelaar, wat die kern van die gelykenis was, geloop het. Christus se woorde in Matteus 25, wat geskryf is om jou te laat dink, bid en uitreik na mense wat seer het, kan as volg geparafraseer word: ‘Ek was honger, en julle het ‘n komitee gestig om dit te bespreek. Ek was in die tronk, en jy het by die huis vir my vrylating gebid. Ek was naak, en jy het teen die moraliteit van my voorkoms geprotesteer. Ek was siek, en jy het God vir jou gesondheid gedank. Ek was haweloos, en jy het vir my van die skuiling van God se liefde gepreek. Jy lyk so heilig en so naby aan God, maar ek is steeds honger, eensaam, koud en in pyn. Maak dit vir jou saak?’ Moenie net oor God se liefde praat nie; bewys dit!
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min