Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

Loading player...
“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV

Wees daar wanneer jy benodig word

Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is jou woning!’ Dit kom selde by ons op dat ons deur diegene omring word wat as gevolg van ouderdom, gestremdheid, siekte of sosiale en fisiese isolasie nie meer dieselfde voordele as ons kan geniet nie. Hulle is van die deernis en sorg van ander mense afhanklik om in hul mees basiese daaglikse behoeftes te voorsien. Ongelukkig ignoreer en marginaliseer ons selfgefokusde, jeug-georiënteerde kultuur dikwels sulke mense: in wese verban ons hulle na die ashoop van die lewe. Dit is beslis nie God se manier van dinge doen nie. Paulus sê vir ons: ‘Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.’ Let op dat dit nie ‘n voorstel is nie. Dis ‘n wet, ‘n goddelike opdrag waaraan ons almal moet voldoen. Wanneer die Seun van die Mens kom, sal Hy al die nasies oordeel en hulle verdeel soos ‘n skaapwagter die skape van die bokke skei. Diegene aan sy regterkant, wat ander gehelp het deur kos, skuiling, klere, en besoeke te bied, sal die koninkryk beërwe. Jesus sê dat wat hulle vir die geringstes gedoen het, hulle vir Hom gedoen het. Diegene aan sy linkerkant, wat nie gehelp het nie, sal gestraf word. Hy wys daarop dat om ander lief te hê en te dien, in werklikheid is om God te dien. Diegene wat gehoorsaam was, sal die ewige lewe ontvang (sien Matteus 25:31-46). Die boodskap is hard en duidelik: As jy Jesus waarlik liefhet en Hom wil volg, moet jy doelbewus jou liefde vir ander op praktiese maniere wys. Met ander woorde - wees daar wanneer jy benodig word.
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min