Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

Loading player...
“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV

Wees daar wanneer jy benodig word

Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is jou woning!’ Dit kom selde by ons op dat ons deur diegene omring word wat as gevolg van ouderdom, gestremdheid, siekte of sosiale en fisiese isolasie nie meer dieselfde voordele as ons kan geniet nie. Hulle is van die deernis en sorg van ander mense afhanklik om in hul mees basiese daaglikse behoeftes te voorsien. Ongelukkig ignoreer en marginaliseer ons selfgefokusde, jeug-georiënteerde kultuur dikwels sulke mense: in wese verban ons hulle na die ashoop van die lewe. Dit is beslis nie God se manier van dinge doen nie. Paulus sê vir ons: ‘Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.’ Let op dat dit nie ‘n voorstel is nie. Dis ‘n wet, ‘n goddelike opdrag waaraan ons almal moet voldoen. Wanneer die Seun van die Mens kom, sal Hy al die nasies oordeel en hulle verdeel soos ‘n skaapwagter die skape van die bokke skei. Diegene aan sy regterkant, wat ander gehelp het deur kos, skuiling, klere, en besoeke te bied, sal die koninkryk beërwe. Jesus sê dat wat hulle vir die geringstes gedoen het, hulle vir Hom gedoen het. Diegene aan sy linkerkant, wat nie gehelp het nie, sal gestraf word. Hy wys daarop dat om ander lief te hê en te dien, in werklikheid is om God te dien. Diegene wat gehoorsaam was, sal die ewige lewe ontvang (sien Matteus 25:31-46). Die boodskap is hard en duidelik: As jy Jesus waarlik liefhet en Hom wil volg, moet jy doelbewus jou liefde vir ander op praktiese maniere wys. Met ander woorde - wees daar wanneer jy benodig word.
5 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2025

“Do you see someone who speaks in haste? There is more hope for a fool than for them.” Proverbs 29:20 NIV Don’t speak too quickly When you speak too quickly, you can send the wrong signal and get results you don’t want. This is particularly so when you’re negotiating for…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2025

“Jy sien self daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink.” Spreuke 29:20 NLV Moenie te vinnig praat nie Wanneer jy te vinnig praat, dra jy die verkeerde boodskap oor en kry resultate wat jy nie wil hê nie. Dis veral…
7 Nov 2 min

Word for Today - 29 Nov 2025

“Like a city whose walls are broken through is a person who lacks self-control.” Proverbs 25:28 NIV Submit to the Holy Spirit In Bible times cities were built with high walls around them for protection. Why? Because an enemy strong enough to tear down those walls was strong enough to…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2025

“Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied.” Spreuke 25:28 NLV Onderwerp jou aan die Gees se beheer In Bybelse tye is stede met hoë mure vir beskerming rondom hulle gebou. Hoekom? Omdat ‘n vyand wat sterk genoeg was…
7 Nov 1 min

Word for Today - 28 Nov 2025

“He was moved with compassion for them.” Matthew 9:36 NKJV “Moved with compassion” Was God telling him to stay in London rather than go to China? Thomas Barnardo had come to London for missionary training, only to have a ten-year-old child show him a rooftop where eleven homeless boys were…
7 Nov 2 min