Woord vir Vandag - 27 Sep 2025

Loading player...
“…En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie.” Jakobus 4:2 NLV

Leer om te vra wat jy wil hê

Sommige mense weet wat hulle wil hê en het die moed om daarvoor te vra. Ander weer weet wat hulle nie wil hê nie en het die vermoë ontwikkel om dit op ‘n manier wat nie vyandigheid veroorsaak nie, te sê. As jy nie oefen om te vra wat jy wil hê nie, sal jy in frustrasie lewe. Sommige mense laat ander toe om hul grense te oortree terwyl hulle in stilte ly, in plaas daarvan om te vra dat hulle hul gedrag moet verander. Dit kan die moeilikste wees om in ‘n werksomgewing te vra wat jy wil hê. Moet nooit aanvaar dat jou welsyn voorop in jou baas se gedagtes is nie. Dit is nie ‘n aanklag teen jou baas nie, maar ‘n besef dat hulle waarskynlik met hul eie kwessies gemoeid is. As jy as salaristrekker byvoorbeeld voortdurend baie ure onbetaald oortyd werk, probeer om vir ‘n spesiale bonus te vra vir ‘n gedeelte van die bedrag wat dit die maatskappy sou gekos het as hulle jou vir die oortyd moes betaal. Bied ‘n weldeurdagte ontleding van die tyd wat jy oortyd gewerk het aan, of vra vir tyd af, gelykstaande aan ‘n gedeelte van die ure wat jy oortyd gewerk het. Bid natuurlik eers daaroor en vertrou God vir guns voordat jy vra. As dit misluk, hou aan om uitstekend in jou werk te wees en begin aan Plan B vir jou loopbaan dink. ‘n Sakevrou skryf: ‘Een van die uniekste eienskappe wat God aan ons gegee het, is die vermoë om te kommunikeer. Ons hoef nie te stres of te wens of te hoop dat iemand ons gedagtes sal lees, wanneer ons eenvoudig kan vra vir dit wat ons wil hê nie.’
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min