Woord vir Vandag - 26 Sep 2025

Loading player...
“Mense wat graag uitdeel, ontvang altyd meer…” Spreuke 11:24 NLV

Hoe om vrygewig te word (2)

Iemand het die volgende oor geld gesê: ‘Jy kan nie wen nie. As jy daarop fokus om geld te maak, is jy materialisties. As jy probeer om geld te maak en dit nie regkry nie, is jy ‘n verloorder. As jy baie geld maak en dit vir jouself hou, is jy ‘n gierigaard. As jy geld maak en dit spandeer, is jy ‘n verkwister. As jy nie daaroor omgee om geld te maak nie, is jy sonder ambisie. As jy baie geld maak en dit steeds het wanneer jy doodgaan, is jy ‘n dwaas – omdat jy dit saam met jou probeer neem.’ Die enigste manier om werklik met geld te wen, is om dit losweg vas the hou; om vrygewig daarmee te wees en dinge van waarde te bereik. Die nyweraar Andrew Carnegie het in 1889 ‘n opstel met die titel: ‘Die evangelie van rykdom’ geskryf, waarin hy gesê het dat die lewe van ‘n ryk persoon twee fases moet beslaan: ‘n seisoen om rykdom te verkry en ‘n seisoen om dit te versprei. Die enigste manier om ‘n gesindheid van vrygewigheid te behou, is om ‘n gewoonte daarvan te maak om jou tyd, talente, aandag, hulpbronne en geld te gee. Hoe kan jy dus vrygewig word? 1) Vind uit watter tipe houvas jou besittings op jou het. Kies iets wat waarlik vir jou kosbaar is, dink aan iemand vir wie jy omgee wat dit nodig het, en gee dit dan vir daardie persoon. 2) Sit jou geld aan die werk. As jy iemand met ‘n visie om iets uitnemend te doen ken, verskaf aan hulle die hulpbronne om dit te doen. Soos John Nunyan gesê het: ‘Jy het nog nie vandag geleef as jy nog nie iets vir iemand wat jou nooit kan terugbetaal, gedoen het nie.’
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min