Woord vir Vandag - 25 Sep 2025

Loading player...
“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV

Hoe om vrygewig te word (1)

As jy ‘n vrygewige persoon wil word, moet jy die volgende doen: 1) Wees dankbaar vir wat jy het. Vrygewigheid ontstaan uit tevredenheid; dit ontstaan nie uit deur nog besittings bymekaar te maak nie. John D. Rockefeller het erken: ‘Ek het miljoene gemaak, maar dit het my geen geluk gebring nie.’ As jy nie met bietjie tevrede is nie, sal jy heel waarskynlik ook nie met baie tevrede wees nie. As jy ook nie vrygewig met die bietjie wat jy het is nie, sal dit waarskynlik nie ewe skielik verander wanneer jy ryk is nie. 2) Moenie toelaat dat die begeerte na besittings jou beheer nie. Jesus het gesê: ‘…Pas op! Moenie gierig wees vir wat jy nie het nie. Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie’ (vers 15 NLV). Richard Foster skryf: ‘In ons kultuur is dit ‘n obsessie om goed te besit. As ons dit besit, voel ons ons kan dit beheer; en as ons dit kan beheer, voel ons dit sal ons meer plesier verskaf. Dis egter ‘n illusie.’ 3) Sien geld as ‘n hulpbron. Die eerste keer wat die gewilde Franse skrywer Dominique Lapierre Indië besoek het, het hy met ‘n nuwe Rolls-Royce gery. Terwyl hy daar was, het hy navorsing vir sy boek, The City of Joy, gedoen. Hy het egter ook iets anders ontdek: ‘n passie om die armes te help. Hierdie ontdekking het sy lewe verander. Tot sy dood in Desember 2022 het hy sy tyd tussen skryf, fondsinsameling en hulp aan mense, verdeel. Sy houding kan saamgevat word deur hierdie woorde wat op die agterkant van sy besigheidskaartjie verskyn: ‘Alles wat nie uitgedeel word nie, gaan verlore.’
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min