Woord vir Vandag - 24 Sep 2025

Loading player...
“Jesus het hom daar sien lê… Hy vra hom toe: ‘Wil jy graag gesond word?’” Johannes 5:6 NLV

Wil jy gesond word?

Agt-en-dertig jaar lank het hierdie verlamde man tussen die siekes en gestremdes by die bad van Bethesda vir ‘n bonatuurlike ervaring wat sy miserabele bestaan kon verander, gewag. Elke keer het iemand egter voor hom in die bad geklim en gesond weggestap. Keer op keer, wanneer die geleentheid voorgekom het, was daar niemand wat hom kon help nie. Die omstandighede was altyd dieselfde; hy kon homself nie uit sy wanhoop en sy kwynende voorraad van hoop en geloof red nie. Miskien kan jy met hierdie man identifiseer. Miskien ken jy hierdie verhaal uit persoonlike ervaring. Dit gaan dalk oor liggaamlike siekte, maar dit kan ook oor dinge soos morele mislukking, verslawing, egskeiding, aborsie, berou, ouerskapmislukking, ensovoorts gaan. Soos die man by die bad, kan jou vriende jou nie red nie en jy besit nie die vaardighede wat nodig is om jouself te help nie. Jesus vra egter vir jou dieselfde vraag: ‘Wil jy graag gesond word? Hy bied jou liggaamlike genesing - en meer - aan. Hy weet dat jy dit nie self kan doen nie. Dit is ‘n kwessie van jou wil. Vir dinge om anders te wees, moet jy jou wil by die proses betrek. Die geloof wat jou gesond sal maak, is nie ‘n emosie of gevoel nie. Dit is ‘n daad van jou wil wat kies om op God se Woord te staan en te glo dat Hy vir jou sal doen wat Hy sê en jou gesond sal maak! ‘Onmiddellik het die man gesond geword, sy slaapmatjie opgetel en weggestap…’ (vers 9 NLV). Dit kan jou verhaal ook wees!
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min