Woord vir Vandag - 23 Sep 2025

Loading player...
“Moenie bang wees nie, want Ek is by jou… Ek maak jou sterk en wil jou help…” Jesaja 41:10 NLV

Bepaal jou eie lewenswyse

Wanneer jy leer om jouself te vergewe en te aanvaar, beteken dit dat jy vrede met jou menswees gemaak het en geleer het om in vrede met jou onvolmaakthede saam te leef. Jy besef dat dit wat jy deurgemaak het, saam met die genade van God, jou die mens gemaak het wat jy vandag is. Veronica Shoffstall het gesê: ‘Na 'n rukkie leer jy die subtiele verskil tussen om ‘n hand vas te hou en ‘n siel vas te ketting. Dat liefde nie noodwendig altyd ondersteuning, geselskap en sekuriteit beteken nie. Dat soene nie kontrakte is nie en geskenke nie beloftes nie. Jy begin om jou nederlae met jou kop omhoog en jou blik vorentoe te aanvaar, met die genade van ‘n volwassene, nie die hartseer van ‘n kind nie. Jy leer om al jou paaie vandag te bou, omdat môre se grond te onseker vir planne is. Na ‘n rukkie leer jy dat selfs sonskyn jou kan brand as jy te veel daarvan kry, dus plant jy jou eie tuin en versier jou eie siel in plaas daarvan om te wag dat iemand vir jou blomme bring. Jy leer dat jy regtig kan uithou, regtig sterk is en dat jy regtig die moeite werd is.’ Hierdie woorde kan in een frase opgesom word: Bepaal jou eie lewenswyse. Is dit maklik om te doen? Nee. Op dae wat dit moeilik raak om volgens jou eie voorwaardes te leef, belowe God jou: ‘Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek hou jou vas met my reddened regterhand.’ Dis ‘n belofte waarop jy kan staan!
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min