Woord vir Vandag - 22 Sep 2025

Loading player...
“Soos ‘n arend haar kuikens grootmaak en bo-oor hulle sweef…” Deuteronomium 32:11 NLV

God druk jou uit jou gemaksone

In sy boek, Even Eagles Need a Push, beskryf David McNally ‘n arend wat haar kuikens leer om te vlieg: ‘Die arend het haar kuikens saggies na die rand van die nes gelok. Haar hart het van teenstrydige emosies gebewe toe sy hul weerstand teen haar aanhoudende druk voel. ‘Hoekom moet die opwinding van vlieg met die vrees om te val begin?’ Sy kon nog nie ‘n antwoord vir hierdie tydlose vraag vind nie. Haar nes was hoog op ‘n rotswand geleë. Daar was slegs lug onder die rotswand om die vlerke van elke kuiken te ondersteun. ‘Is dit moontlik dat dit hierdie keer nie gaan werk nie?’ dink sy. Ten spyte van haar vrese, het die arend geweet dat dit tyd is. Haar ouerlike plig was amper voltooi. Daar het nog een laaste taak oorgebly. Totdat haar kuikens hul vlerke ontdek, was daar geen doel vir hul lewe nie. Totdat hulle leer hoe om te sweef, sou hulle nie die voorreg verstaan om as ‘n arend gebore te word nie. Om hulle uit die nes uit te druk was die grootste geskenk wat sy hulle kon bied – haar grootste liefdesdaad. So het sy hulle een vir een uit die nes gedruk en hulle het gevlieg!’ Die Bybel sê: ‘Soos ‘n arend haar kuikens grootmaak en bo-oor hulle sweef, so sprei Hy sy vlerke en vang en dra hulle op sy vlerke. Net die Here bewaar hulle…’ (verse 11-12 NLV). Druk God jou uit jou gemaksone uit? Het jy jou werk en finansiële sekuriteit verloor? Of ‘n verhouding wat jy gedink het ‘n leeftyd sou duur? Voel dit of jy uit jou nes en oor die krans se rand gedruk word? Moenie bang wees nie; God sal jou vang. Nog beter – Hy sal jou leer om te vlieg.
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min