Woord vir Vandag - 21 Sep 2025

Loading player...
“…Dank Hom en prys sy Naam.” Psalm 100:4 NLV

Redes om dankbaar te wees (2)

Jon Gordon skryf: ‘Ek wil graag die voordele van twee eenvoudige woorde met jou deel. BAIE DANKIE. Hierdie woorde het die krag om ons gesondheid, geluk en sukses te transformeer. Navorsing toon dat dankbare mense gelukkiger is en meer geneig is om goeie vriendskappe te handhaaf. Dankbaarheid verbeter ook die hart se ritmiese funksionering, wat ons help om stres te verminder, duideliker onder druk te dink en fisies te genees. Dit is fisiologies onmoontlik om terselfdertyd gestres en dankbaar te wees. Wanneer jy dankbaar is, oorstroom jy jou liggaam en brein met endorfiene wat jou energie gee. Dankbaarheid is ook noodsaaklik vir ‘n gesonde werksomgewing. Die nommer een rede waarom mense hul werk verlaat, is omdat hulle nie gewaardeer voel nie. Dankbaarheid is soos spiere. Hoe meer ons dit oefen, hoe sterker word dit. Hier is ‘n paar maniere om elke dag danksegging te beoefen: 1) Gaan stap daagliks vir tien minute lank en sê hardop waarvoor jy dankbaar is. Dit sal jou vir ‘n positiewe dag voorberei. 2) Laat almal om die tafel by aandete sê waarvoor hulle dankbaar is. 3) Die sielkundige Martin Seligman stel voor dat ons ‘n brief skryf waarin ons ons dankbaarheid teenoor iemand uitspreek. Besoek dan daardie persoon en lees vir hulle die brief. Mense wat dit doen is ‘n maand later meetbaar gelukkiger en minder depressief. 4) Sê dankie by die werk. Toe Doug Conant die uitvoerende hoof van Campbell Soup was, het hy ongeveer 30 000 briewe aan sy werknemers geskryf om dankie te sê en die maatskappy in die proses getransformeer. Organisasies bestee gesamentlik miljarde dollars aan programme om aan hulle werknemers erkenning te gee, maar die beste en goedkoopste erkenningsprogram bestaan uit ‘n opregte BAIE DANKIE.’
5 Sep 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min